Tuesday, February 21, 2012

Father, give the Moken a desire for YOU Lord!!

We ask Lord in Jesus name, that the Moken people will call from within their deepest being out to YOU:

I will love You, O Lord, my strength.
The Lord is my rock and my fortress and my deliverer;
My God, my strength, in whom I will trust;
My shield and the horn of my salvation, my stronghold.
I will call upon the Lord, who is worthy to be praise
(Psalm 18:1 – 3a)

Father, we ask that the souls of the Moken people to hunger and thirst after YOU Lord!
Have mercy upon the Moken people oh great King of Kings….
Revive and awaken the dead in spirit oh Lord of Lords….
Father, bring Your abundant LIFE to the Moken people, as of this very day in Jesus name….
Let the Moken people’s hearts return to You, their Ancient Creator and True God of their own forefathers….
Father, have mercy and grace upon their souls in Jesus name…...

Wednesday, December 28, 2011

hoe om a frieskas thailand toe te stuur..

Dinsdag 27 Des 2011, Oli Tambo......

So kom dit dat ons Taaiboer 'n gas frieskas nodig het op die eiland vir sy nuwe hout huisie.  Hy is nou 19 dae aanhoudend op die eiland en in die Asia hitte bly die kos nie so vars nie....  Ons vind toe uit dat die pryse is baie goedkoper hier in SA as in Thailand vir amper dieselfde grote frieskassie.  Die dat ons die blink gedagte gehad het om net darm te kyk of ons hierdie 'pakkie' ook met geleentheid kan oorstuur....
 Nou maar ja, ons is reg om daai 31kg frieskas saam met Carla Bezuidenhout oor te stuur Thailand toe as 'spesiale bagasie' .....
Van links: paulien, Alida (Carla se ma) en Carla, dan Johan Beukman en sy familie, en heel regs is Louise & Arno

Amper is toe nie stamper nie.... Etheopian Air wou toe nou nie vergunning maak vir hierdie effense groot boksie nie.
Nou gaan ons dievolgende opsies begin navors:
lug-vrag so R5000 dan is die frieskassie daar binne 8 dae....
OF
boot-vrag vir R1600 dans die frieskassie daar oor 83 dae....

Ons sal julle op hoogte hou!

Monday, December 19, 2011

onvoorwaardelike liefde / unconditional love

Wanneer die Liefde van God binne 'n mens groei en vestig, kan so 'n mens nie help as om daardie Liefde weg te gee aan ander sodat hulle dit ook kan ervaar nie.  Dis die natuur van Agape Liefde - dit vind Sy pad na ander mense toe. God het Liefde aan ons gegee sonder voorbehoud.  En Liefde het Homself ook gewilliglik gegee sonder 'n waarborg dat die mens Sy liefde sal beantwoord.
When the Love of God starts to grow and establish inside a person, such a person cannot help but to give that love away so that others can experience it as well.  That's the nature of Agape Love - it finds its way to other people. God gave us Love without holding back.  And Love gave Himself also willingly without a guarantee that people will answer that Love.


Onvoorwaardelike liefde maar seerder as die dood.  Dit veroorsaak ontsettende pyn aan diegene wat dit gee. Die Liefde lei mens om jou lewe neer te le, jou lewe op te offer sodat ander mense wat Hom nie ken nie ook Onvoorwaardeliek Liefde kan ervaar.
Unconditional love hurts more than death.  It causes indescribable pain to those who give it.  Love leads men to lay down their lives, to sacrifice self so that other people who do not know Him, can also experience Unconditional Love.

Dit gaan nie oor kennis van liefde nie, dit gaan oor 'n Lewende Liefde wat gevoel en ervaar kan word, wat geleef word deur dade en woorde wat 'n oorsprong het uit die oortuiging dat jy eers jou eie lewe verloor en deur die pyn gaan.
It is not about the knowledge of love, it is about a Living Love that can be felt and experienced.  It is lived through deeds and words which have their origin in the conviction that you forsake your own life first and thus go through the pain.

God is die een wat die prys van onvoorwaardelike liefde bepaal het.
God is the one who determined the price of unconditional love.


Onvoorwaardelike Liefde sal jou tot jou eie kruisiging lei - God het dit so bepaal.
Unconditional Love will guide you to your crucifixion - God determined it so.


En daarna? And thereafter?

'n Gebroke siel wat in Sy Hande waardevol en geliefd is en wat Onvoorwaardelike Liefde kan weg gee
A broken soul that is loved and precious in His hands, and that gives Unconditional Love away

Wednesday, November 16, 2011

Loy Krathong - Fees van lig

Kyk hierbo vir November se nuusbrief / Look to the top for the November newsletter
______________________________________________________________________


UITNODIGING
Namens Philip van Wyk se stuursel, nooi ons mense uit na die Thai fees genaamd Loy Krathong op Saterag 26 Nov by die Bright Water Commons in Randburg, Jhb.  Dit word gehou deur die groeiende Thai gemeenskap in Gauteng en is ‘n eg Thai-se feesdag met tradisionele danse, masseering, wonderlike (maar warm) Thai disse, Thai speletjies, ‘n skoonheids kompetisie en nog heeltwat meer.   Die hoogtepunt is die aansteek van die kers-blomme en wierook-kranse (krathongs) wat op die water weggestoot word asook die olielampe wat in die lug vrygelaat word in die aand.
Die krathongs verteenwoordig ‘n afskeid van sonde, pyn en berou deurdat daar vergifnis gesoek word wanneer dit op die helende-lewende water geplaas word en wegdryf.
Die aansteek van die sweefende olielampe - waar die lig die duisternis indring en vooruitgaan in oneindigheid - simboliseer ‘n goeie hoop en voorspoed vir die onvoorspelbare toekoms.
VRAAG
Ek wil net graag iets meer oor die Loy Krathong fees sê.  Dit behels dat die ongelowige Thais voorwerpe soos naels in 'n bootjie laat vaar oor 'n rivier, met die gedagte dat hulle van hulle slegte gewoontes, soos sonde, ontslae raak soos wat die bootjie weg vaar. Sou dit dan nie gepas wees dat ons as gelowiges juis daardie dag gebruik om hulle te vertel hoe hulle werklik van hulle sonde ontslae kan raak, i.p.v om passief deel te gaan hê aan 'n heidense fees nie?
ANTWOORD
 Wat 'n uitstekende vraag.  Ek is so bly om te kan se dat die Thai fees juis vir ons 'n mini-uitreik dag is en nie net passiewe bywoning nie. Wanneer dit kom by kruis-kulturele, ongeredde mensegroepe, wil ons beslis sendingwerk doen en nie soseer evangelisasie nie.
Met ander woorde, ons gee prioriteit-aandag aan die 'lewens-en-wereldsbeskouing' (worldview) van mense: die spil waarom alles nou eintlik draai in ware sending.  Die manier hoe God mense se kulturele-draadwerk gemaak het, dra ongelukkig nie'n hoe prioriteit in evangelisasie nie, nie teenstaande die feit dat die kulturele kodering waarmee God mense gemaak het, bepaal direk hoe hulle informasie ontvang en aanvaar, of nie.
 Meestal in evangelisasie, is die inligting wat gegee word, meer belangrik vir die persoon wat dit gee, as die trefkrag en sukses van die inligting, en of dit geglo word in die langtermyn of nie.
Veronderstel 'n Hindu persoon kom na jou toe en in gebroke Engels vertel hy jou al sy geloofsoortuigings en vra jou vas, sodat hy jou inligting kan gee hoe om te glo en die ware lig te word en te volg, op die manier wat hy en sy familie al vir meer as 4000 jaar doen. Miskien sal jy nog saam gepaat het as hy bewus was en bekend was met jou Afrikaanse, Christelike geloofsbelydenis en kerk-etiket en daarvolgens met jou kon kommunikeer op 'n manier wat vir jou bekend is. Maar hy kan nie van die heup skiet en dink jy gaan hom glo én jou geloof sommer so verander nie.
 Dit werk op presies dieselfde manier vir hulle as vir ons. 
Jy kan nie een geloof (religion) net so met 'n ander probeer vervang nie, al dink baie mense so.
Ongelukkig is dit primer die metode van evangelisasie vandag.  Om Christus as persoonlike Saligmaker te aanvaar en as Meester te dien, is glad nie vir ons ‘n verskilpunt nie.  Maar die pad wat gevolg word om ongelowiges by daardie pêrel te help uitkom, het alles te doen met die plan asook die doel van sending.  Dis ‘n journey wat oor die laaste 200 jaar die deurslag gee en raai, sending is nie net vir sendelinge nie, dis vir die hele liggaam bedoel, veral as mens onthou dat nie almal geroep is om sendelinge te word nie.  (Die brandende vraag is dan, wat is jy verondrstel om te doen in die sendings-plan?) 


Teenoor evangelisasie neem sending baie langer.  Die Here is nie haastig nie want die oorhoofse rede vir die Koningkryk is nie oor hoeveel siele Christene kan red nie..... 
Die basiese vereiste is om die reg te verkry om in 'n ander kultuur inspraak te he (praat-reg).  Die mense van daardie kultuur moet self jou aanvaar en uitnooi om jou geloof met hulle te deel voor hulle dit sal oorweeg om dit te aanvaar.  In kulture (nes in jou eie kultuur) gebeur dit deur eers egte verhoudings te bou wat vooraf gegaan word deur hul hartstaal te leer en te praat.  Daarna leer mens, deur goeie verhoudings, wat God die Vader van Homself in daardie kultuur gesit het van die heel begin af.  
Dit is wonderlik dat hoe langer sendelinge in 'n kultuur werk, hoe meer ontdek hulle dat elke iedere kultuur dele van Vader se Skepping-stories, Redding-stories, Vergifnis-stories, Doop-stories, Verheerlikings-storie en alles wat mens nodig het om met God te verenig, klaar al reeds het.  Alle kulture is onregmatig deur satan geneem (usurp) en God wil alle mense van al die verskillende gelowe terug win. 
Sou jy dus iets wou sê om hulle te beinvloed om te verander, moet jy deur hulle erken word as 'n gesiene, gerespekteerde, geleerde, godsdienstige persoon of iemand wat die posisie beklee as geestelike leier in hul gemeenskap, nes ons ook nie na enigiemand sal luister nie. Teen daardie tyd sal die Heilige Gees hulle harte al voorberei het en sou hulle alreeds die geestelike Hand van God beleef en ervaar het sodat hulle gewillig en met diepe begeerte Hom as hulle Saligmaker en Meester sal wil aanneem. 
Die sendelinge se lewenswyses en alledaagse doen en late sou alreeds getuig het van 'n lewe wat aan Hom behoort, nie soseer kerkbywoning of tradisionele/godsdienstige praktyke nie.
 Ek dink jy kan begin sien, dat om vir die ongelowiges Thai’s te se wat om te doen of nie te doen nie omdat dit ons oortuiging is, gaan geen invloed hê op hulle nie. Dis presies soos die Hindu wat vir jou wil sê wat om te doen en te glo. 
Om die Thai mense op een van hul baie belangrike feesdae te probeer oortuig hoe verlore hulle is en hoe verkeerd hulle tradisies is, en dan een gebed met hulle te doen om alles te prober verander en reg te maak, is nie vatbaar of geloofwaardig nie.  Om mense te vertel hoe verkeerd hulle eie kulturele gebruike is, is eerder afstootlik as aanloklik vir Sy boodskap.
Veronderstel jy kan iemand op Loy Krathong oorreed met 'n reddings-gebed (wat nie Bybels is nie), wie gaan dan 'n pad stap saam met die Thai persoon om hom te dissipel in sy eie kultuur en taal en omgewing, sodat sy hele identieit/kultuuur en hele huishouding gewen kan word vir God? Die fout wat die westerse kerke maak is dat die ongelowige Thai persoon nou soos ons moet word. 
Met ander woorde, na ons kerk denominasies toe moet kom, ons lofliedjies moet sing en na ons eie-kulturele preke moet luister.    Jesus het ‘n Koningkryks boodskap gebring en dit sal tog interessant wees om te hoor na watter denominasie Hy ‘n ongelowige Thai toe sal stuur vandag?
In plaas daarvan dat ons wat alreeds die mandaat en die verbond ontvang het, ons lewe neerlê vir hulle en hulle met ons hele lewe bedien (nes Jesus as dienskneg opgetree het deur die Goeie Boodskap te demonstreer), verwag en vereis ons dat hulle soos ons word maw ons Suid-Afrikaanse – Amerikaansse - Westerse -Christelik-denominasie identiteit aanvaar..... 
Ongelukkig sien ons nog nie ons eie mensgemaakte foute raak nie maar is so gewillig om dit in elk geval net so aan die ongelowige Thai oor te dra.... 

Maar alles is nie verlore nie - om hulle te wys hoe om Sy teenwoordigheid in hulle harte te vestig sodat hulle Vader-God kan verheerlik en vind deur hulle eie kulturele liedjies, eie kos, eie gewoontes, eie taal en eie lewens-en-wereldsbeskouing, is vir ons beskore.
Wat 'n visie: 'n Thai gelowige kerk in Gauteng…  Wonder hoe sal dit lyk as Jesus gese het Hy sal dit self bou? 
Maar die vraag moet gevra word op 'n stadium, wat is dan aanloklik vir hulle van ons verhouding met Hom en nie soseer die Christelike mensgemaakte godsdiens nie? Dit alleen is 'n hele dag se gesprek! 
Dus is die Thai Lig fees ‘n baie goeie geleentheid om Koningkryks-werk te doen en nie evangelisasie nie.  Ons groepie middel-koordineerders gaan beslis daardie dag met God praat oor die Thai’s in plaas van met die Thai’s oor God praat.  Dan gaan ons vir die werkers van die oes bid – dis nou die passiewe Christene wat net wil praat en nie hul lewens neerlê nie – sodat die Here hulle kan uitstuur (THRUST sê die Amplified) in Sy oes wat reeds ryp staan. 
Ek dink jy kan sien dat ons sending-benadering gemik is op lang termyn werk en nie op sogenaamde quick fixes nie, want ‘n quick fix maak jou los om jou eie ding aan te hou sonder om hoef te verander.  ‘n Quick fix verlos jou van die verantwoordelikheids-kruis om die lang pad saam met Hom te stap om eers jouself te verloor voordat ander deur jou oplegging met Hom versoen kan word. 

Thursday, November 3, 2011

BANGKOK IS FLOODING!!!

Philip lives in the south 'tail' of Thailand and is not affected by the floods in the metropolis of Bangkok.


However, Bangkok is the main frame and central point of the whole country and thus logistically it is starting to affect the whole country.  In Ranong there is already a shortage on petrol becaue the main harbour in Bangkok is not receiving and/or distributing petrol due to the floods.


PLEASE PRAY for our co-missionary family, Deon & Corne Scholts, who had to flee their home in Bangkok 2 days ago and leave everything under water....  Please lift up the whole of the Thai nation in their time of need in Jesus name!

Thursday, September 15, 2011

Nuusbrief Augustus 2554 Newsletter

Aaaa! Die maand is ek weer op tyd en dit is dan my voorreg om aan julle almal mee te deel, dat dit al die einde van die agtste maand van die jaar is! Ek hoop dit gaan baie goed met julle almal en dat julle waarlik in die liefde en vrede van ons Here lewe! So die maand was ons besig met 'n groot groep van Maleisie, garnale vang, drie Moken seuns het kom kuier in Ranong en die groot moegheid.

Soos julle weet kom daar so van tyd tot tyd groepe vir 'n sending besoek aan die Moken. So die keer was hier 'n groot groep van 25 wat ons kom besoek het en was dit vir jou 'n gedoente! Net die vervoer alleen was 'n ding, maar met die tyd het ons dit ook uitsorteer. Die groep het al drie eilande besoek en het 'n mediese span aan boord gehad. Op al die eilande is die Moken die geleentheid gebied om die dokter te kom besoek en soos julle kan raai, is ek dan ingespan om van die interpretasie werk te doen. Dit was lekker, maar ek moet sê dat dit nie altyd baie aangenaam is om te sien hoe vreemde mense met die Moken omgaan nie. Daar word nie baie kultureel korrek teenoor hulle opgetree nie en daar was 'n groot gaping om die groep bewus te maak wat die Here se hart is vir die Moken. Ek moes telkens die kinders gerusstel dat die mense eintlik hier is om te kom help. Dit het soms vir my gevoel of dit skade aan my verhouding met die kinders bring as die mense oorboord gaan met die verbreking van kruis kulturele reëls. Op die einde is die groep hier weg en is die kinders gelukkig met al die goed wat hulle gekry het.

Deur dit alles was ons weer 'n paar keer saam met die Moken uit om garnale te gaan vang! Dit is altyd groot pret en ek begin al hoe beter regkom om al die visse en goggas uit die net uit te haal. Jeremy, die ou wat hier by ons is vir 'n paar maande, was so see-siek dat ek gesê het hy moet eerder nie weer sy voete op een van die kanbangs (boot) sit nie. Maar ek en ou Jonathan kom al goed reg. Dit is ook natuurlik groot pret vir die Moken om ons so saam met hulle te vat op die see. Hulle is nog net so geduldig soos altyd om ons te leer. Deur dit kan ek sien hoe hulle ons meer en meer begin vertrou. Van die mans het self gesê hulle dink dit is nou tyd dat ons ons eie kabang moet kry. Hulle sal ons leer en wys hoe om alles soos hulle te doen. Na so 'n dag op die see saam met hulle is daar ook baie om oor te praat en dan is daar groot pret in hulle vertelling in wat hulle alles saam met ons ervaar het.


Met al die dinge het ons besluit om drie van die seuns uit te nooi om vir ons hier in Ranong te kom kuier. Na al die ouers toestemming gegee het is ons daar weg en het die drie kinders hier aangekom. Nou is dit nogal 'n gedoente, want hulle moet nou skielik leer om hulself hier in die dorp te gedra. Dit was vir hulle 'n groot grap dat hulle skielik nou toilet toe moet gaan om te piepie. Ons het hulle na Tesco Lotus toe gevat en daar kon hulle elk 'n hemp en broek vir hulself kies. Daarna het ons lekker by KFC gaan eet. Vyf uur die volgende oggend het hulle my wakker gemaak en gevra hoekom dit so lank vat vir die son om hier in Ranong op te kom. Ons was oral rond: by die waterval en warm-waterbron, by die parkie en by die mark. Einde ten laaste is die drie terug eiland toe. Hulle vra my kort-kort wanneer hulle weer kan kom kuier. Een van die drie seuns se naam is 'Moogoo' en het hy dit nou geniet. Die kind, dink ons, het 'n hart probleem en moet vir 'n ondersoek gaan, maar sy ma is van Myanmar so daar is geen finansiële hulp vir hulle hier in Thailand nie.

Dan het die groot moegheid my beet gekry. Ek het die laaste paar maande 'n groot moegheid oor my wat ek net nie gebreek kan kry nie. Dit bring jou dan tot selfondersoek en dit wat ek gevind het is so 'n bietjie kommerwekkend. Die druk is net te veel en sal verlig moet word as ek dit hier wil oorleef. In kort is die verwagtinge wat by die Moken geskep is oor ons doen en late daar op die eiland, net te groot vir my om te dra. Verwagtinge soos onderrig van die kinders, landbou ontwikkeling, mediese verligting en geestelike ontwikkeling is net te veel vir een om te dra. Die probleem is dat as daar so baie is om te doen, dat jy alles doen, maar nie werklik iets gedoen kry nie. Dan vind jy ook dat die verwagtinge nie waarlik bydra tot die grondlegging van jou roeping om deel te word van die kultuur nie. Dan probeer jy nog ander dinge ook doen, soos om by die harte van die Moken uit te kom (hul waarlike lewens- en wêreldbeskouing). Ek is mos die enigste een wat Thai kan praat wat beteken ek moet al die kommunikasie en vertaling doen. Daar is verder druk op my tyd om Moken taal te leer sodat ek kan verhoudings bou om waarlik deel te word van hul gemeenskap. En dan nog die buite druk van die besoekende groepe se logistieke - voor jy jou oe uitvee sit jy in die gemors van 'n moegheid waarvan jy nie ontslae kan raak nie en loop jy rond soos 'n leeu met 'n seer tand. Ek dink as dit nie vir die rusplekkie in Vader se arms waarvan ek vir julle geskryf het nie, het ek dit al lankal verloor. Alles gaan op die einde net oor Een. Dink asb. in julle gebede aan my.

Duisend dankies vir al julle liefde en getroue ondersteuning. Ek glo dat ons nog 'n wonderlike tyd saam hier onder die Moken gaan hê. Weet net sonder julle is alles wat hier gebeur nie moontlik nie!

In Pappa,
Philip อํานาจ














In die kabang













With the boys at the market in Ranong


Yep! This month I am on time again and it is my privilege to let you know that it is the end of the eighth month of the year! I hope you are very well and that you are truly living in the love and peace of our Lord. This last month we were kept busy with a large group from Malaysia, we were catching prawns, three Moken boys came to visit in Ranong and the great tiredness.

As you know by now, there are groups that come on mission visits to the Moken from time to time. This time the Malaysian group was 25 strong and what a run around it was! Making travelling arrangements alone was a challenge – but with time that was also sorted out. The group paid a visit to the 3 islands, among them being a medical core. Therefore, when visiting each island, the Moken were given an opportunity to come and see the doctor and yes you have guessed right, I was then used to do some of the interpretation. At times we had fun, however it was not pleasant to witness how strangers treat the Moken with distain. Their cultural values are easily disregarded and there was a huge gap in the visitor’s understanding of God’s heart for the Moken. I found myself reassuring, especially the children repeatedly that the visitors were in fact there to help them. If felt that my relationship with the children were suffering because the visitors were breaking so many cross cultural rules. Luckily the group eventually left and the children were happy with the goodies they received.

During all of this, we had been out catching prawns with the Moken! It is always very enjoyable and I am managing to sort fish and other sea creature out from the nets successfully now. Jeremy, one of the guys visiting us for a couple of months, got so very sea sick that I told him to rather stay off the kabang (boat), whereas Jonathan and I are getting the hang of it quite nicely. It is also very enjoyable for the Moken to take us with them out to sea. They are still very patient teaching us, and through this process there is trust being built between us. Some of the men are even saying that they think it is time we get our own kabang and they are committed to show us how to do everything as they do. After a day at sea with them, they have a lot to talk about and there is normally excitement all round about what happened as they relate it to the others.

As things happened, we decided to invite three of the Moken boys to come and visit us in Ranong. After the parents gave their permission, we departed with the three of them to our home town. It became a bit of a commotion as they all of a sudden had to learn how to behave in town. They thought it was a big joke that they had to use the toilet every time they wanted to wee-wee. We took them to Tesco Lotus where they could each choose their own shirt and shorts. Afterwards we took them for a KFC meal, a real treat! Five o’ clock the next morning they woke me – they wanted to know why the sun takes so long to rise in Ranong! We went all over: to the waterfalls and hot water spring, the play park and the market. In the end the three of them had to go back to the island again. Every now and again they want to know from me when they will be visiting me again. One of the boys is called ‘Moogoo’ and he especially enjoyed the outing. We suspect he has a heart problem and needs to go for a consultation but his mother is from Myanmar so there is no financial help for them here in Thailand.

And then there is a great tiredness that got hold of me. In the last couple of months there is a big tiredness that has settled over me and that I am not able to shake off. I had to do some soul searching and what I discovered was quite distressing. The increased and sustained pressure on me is too much and if I am going to survive here, it has to release. Simply put, there is an expectation created in the Moken about my service on the island that is too big for me to carry. The expectation of educating the children, agricultural development, medical relief work as well as spiritual development is simply too much for one person to sustain. The problem is that there is so much to do that I land up doing it all but then I don’t seem to get anything done. The above expectations do not fit in with the ground work of my calling, to first learn the culture so that I can authentically access the hearts of the Moken people (or true worldview). I am the only one who can speak Thai and I am called on to translate in order to facilitate communication. This puts more pressure on my time to learn the Moken language and thus build relationships with them and become part of their community. Add to that the visiting groups and their logistical demands and before you know it, you are caught up in a mess of a big tiredness which I am not able to escape from. I think if it was not for that special revelation I had with Father of which I wrote about, I would have lost it long time ago. In the end it is all about the One. Please remember me in your prayers.

A thousand thank you’s for all your love and faithful support. I believe that we are still going to have a wonderful time here among the Moken. Just remember that without you nothing that is happening here is possible!

In Pappa,
Philip อํานาจ

Monday, August 15, 2011

Nuusbrief Julie / July Newsletter

Ja glo dit of nie maar die maand is ek op tyd met my nuusbrief! Ek groet julle almal die maand in die Naam bo elke naam 'Jesus, Yeshua, Josua, Isai, Jesu'. Mag julle waarlik in Sy liefde en vrede lewe. Hierdie was weereens 'n wonderlike maand waarin ons die moeson (monsoon) belewe, wonderlike tyd wat ons op die eiland spandeer en meer uitgevind het hoe die Moken ons rêrig sien.

So ja, dit is 'monsoon' tyd hier in Ranong en is dit nogal 'n belewenis! Dit reën elke dag, al is dit soms net 'n paar druppels. Maar reën, reën dit! Die wind waai en die see lyk vir die eerste keer soos die see, met golwe en alles. Soms is die golwe so groot dat die ferry daarteen sukkel en daar 'n paar mense seesiek word. En ja, ek is in my element as die see so rof is! Maar dit is nie al nie, alles hier begin 'wolle' groei! Ek bedoel soos in alles! Daar is nie 'n ding wat nie sulke wollerig grys-wit goed groei nie. Kyk my boekrak, tasse, klere en wat nogal groei die goed. In die begin maak jy elke dag skoon, maar jy gee later moed op en doen dit dan net so een keer 'n week. Die voordeel is dat dit heerlik koel is die tyd van die jaar en ons reën soms meer as twee keer 'n dag sop nat. Daarom drae ons nou ook sulke prettige waterdigte sakkies saam met ons. Dit is nou net om die nodigste goed darm droog te hou! Net toe ek dink ek begin Thailand ken, verras dit my met die 'monsoon' tyd hier in Ranong.

Die reën hou ons egter nie weg van die eiland af nie en die tyd wat ons daar spandeer is wonderlik. Daar is nie 'n week wat verby gaan waarin ons nie meer van die Moken leer nie. Dit is waarlik 'n wonderlike unieke nasie! Hulle gaan met elke springgety uit om garnale te vang. Ons het die geleentheid gehad om saam met hulle te gaan en was dit lekker. Dit is nogal harde werk, die garnale vang, en die vergoeding van die dag kan soms maar skraal wees. Dan word die see goggas ook nog vir 'n skrale R50/kg verkoop. Dit is nou vir die koningin grote garnale.

Hulle lewe op hul kabang (bote) wat 'n klein koolstoofie aan boord het. Daarop word rys gekook asook vis en seekos gerooster. Dan word die kos sommer so met die hand geëet - dit is wonderlik lekker! Ons sien ook hoe die grootmense met hulle kinders interaksie het. En so nou en dan word ons ook by die gesprek ingesluit as hulle met ons Thai praat. Anders is ons maar net daar. Hulle is baie geduldig as hulle ons leer hoe om met die nette te werk en gee nie om, om 'n ding oor en oor te wys nie. Hulle is baie rustige klomp en hulle lewe baie naby aan mekaar. Uuum, fisies ook!

Dan as jy weer op land kom wys hulle jou waar hulle bly, want daar is nie genoeg plek op die bote vir almal nie. Dit was waarlik iets besonder! Dit is amper of hulle 'n plekkie het waar hulle van al die bedrywighede van die Moken dorpie kan ontsnap. Aan die begin was dit baie ongemaklik en ek het die gevoel gekry dat ons nie welkom daar is nie. Maar na die aand se slaap daar, kon 'n mens sien hoe hulle begin ontspan. Daar sal egter nog baie water in die see moet loop voor ons waarlik daar gaan deel wees!

Dit bring ons uit by dit wat ek hoor die Moken van ons sê en hoe hulle ons op die stadium sien. Gewoonlik as een van hulle so 'n bietjie diep in die bottel gekyk het, is hulle braaf genoeg om so 'n bietjie met ons te kom praat. Dan vis 'n mens ook so 'n bietjie, om uit te vind wat die Moken van ons dink. So op die stadium weet die Moken nie waarom ons daar is nie en is dit ook die vraag aan ons. Ons probeer die antwoord nog so 'n bietjie uitstel soos ons die dinge in die kerk-span en met Peter van STAM probeer uitsorteer.

Dan hoor ons ook dat die Moken baie bly is dat ons so mooi na die kinders kyk. Die een man se woorde was 'Julle het hulle lief met die liefde van God. Julle gee waarlik vir hulle om en dit is vir ons lekker om ons kinders so te sien verander!' Wat dit presies is wat die man bedoel, weet ek nie. Nog 'n ander een sê dat ons die kinders op die regte manier leer en hulle toelaat om waarlik kind te wees. Nog 'n ander een sê dat hulle voel veilig om hulle kinders by ons te los. So die terugvoer lyk goed, al weet hulle nog nie waarom ons daar is nie.

Die anderdag praat ek met een van die moeders van een van die seuns. Ek moes haar herhaaldelik reghelp, want sy noem my god. Sy het gesê dat haar seun enige tyd by my kan bly, want ek is mos god. Ek het later moed op gegee om haar reg te help, want sy hoor my nie! Dit is snaaks maar die siening skep baie probleme ook, want dit maak mense baie bang vir jou en plaas jou op 'n plek waar jy mense baie teleur gaan stel. Veral die tieners wil nie eers na my kyk nie en is te bang om met my te praat. Maar daar is niks wat 'n bietjie tyd en baie verhouding nie kan reg maak nie.

Soos julle kan sien gaan dit nog baie goed hier en dat Vader waarlik besig is om ons en die Moken meer van Hom te leer. Duisend dankies vir julle liefde en volgehoue ondersteuning. Dit is vir my 'n voorreg om die pad saam met julle te stap! Liefde en vrede vir julle.

In Pappa, Philip อํานาจ
 Die wollerige hare wat oral groei / the monsoon causes hair to grow everywhere
My prettige water digte handsakkie / my quite water proof handbag

 Believe it or not, this month I am on time with my newsletter!  I greet you all in the Name above every other name, that of Jesus, Yeshua, Josua, Isai, Jesu.  May you truly live in His love and peace.  This last month, was once again wonderful as we experience the monsoon, we again spent wonderful time on the island and found out how the Moken really see us.

So then, it is monsoon time here in Ranong and it is quite an experience!  It rains everyday even though it could be just a few drops.  But when it rains, it pours!  The wind blows and the sea looks for the first time like the sea, I mean with waves and all.  At times the waves are so big that the ferry struggles against it and some people actually get sea sick.  I of course feel right at home when the sea is that rough!  But that is not all, everything here starts to grow fur – and I really mean everything!  There is nothing that is not growing a grey-white sort of wooliness.  My bookshelf, suitcases, clothes and what ever, is growing this stuff.  In the beginning I cleaned every day, but soon realised and then threw in the towel.  Now I clean once a week.  The benefit of the weather is that it is refreshigly cool this time of the year and sometimes we get drenched more than twice a day.   That is why we carry these cute little water resistant bags everywhere with us just to keep the essentials dry. Just when I though I kind of know Thailand, it surprised me with the monsoon here in Ranong.

Thankfully the rain is not keeping us from going to the island and the time we spend there still is wonderful.  There is not a week that goes by that we do not learn something else about the Moken.  They are truly a wonderful and unique nation!  With every spring tide they go out to catch prawns.  We had the opportunity to go with them and it was so enjoyable.  It is rather hard work catching shrimp and sometimes the reward for the day is very slim.  Often these sea crawlies are sold for a mere R50 per kilo – that is for queen size.

They live on their kabang (boats) which have a small coal stove on board.  They use it to cook rice on as well as roast fish and other seafood.  They then eat this smorgasbord with their hands – simply delicious!  We see how the grownups interact with their children and now and again we are included in the conversation when they choose to speak Thai to us.  Otherwise we are just there.  They are very patient when they are showing us how to work with the nets and don’t mind to show us the same thing over and over.  They are a very peaceful group and live very close to each other, um physically too!

When we were on the island again, they took and showed us where they live because there is not always enough space for everyone on the kabang. That was truly special!  It is as if they have a little private spot where they go to get away from the busyness of the Moken village. In the beginning it was uncomfortable because I felt as if we were not welcome. But after sleeping there for the night, we could see how they started to relax.  However, a lot of water has to run into the ocean before we would truly fit in.
 
This brings us to what I heard the Moken say about us and how they see us at this stage.  Normally when one of them had a few too many toots, they are brave enough to come and talk to us a little.  This is a good opportunity for us to fish for their thoughts on us.  At this stage the Moken don’t know why we are on their island but they are interested to know.  We are trying to extend the true answer a little longer until we can try and sort out things with the church teams and Peter from STAMP.

They also tell us that they are very happy that we are looking so well after their children!  The one man’s words were ‘you love them with the love of God’.  You truly care for them and we like to see how the children are changing.  What exactly the man meant I don’t actually know.  Another said that we are teaching the children the right way and are allowing them to be children.  Yet another said that they felt it safe to leave the children with us.  All in all the feedback sounds positive, even though they still don’t know why we are there.

The other day I spoke to the mother of one of the boys.  I had to repeatedly correct her as she was calling me god.  She said her son can stay with me anytime because I am god.  Later on I gave up on correcting her because she was not hearing me!  Actually this viewpoint is creating more problems because the people fear the gods and therefore us.  We are thus set up to disappointment them a lot. Especially the teenagers, some of them don’t even want to look at me and are too scared to talk to me! But there is very little that a bit of time and a lot of relationship can’t fix.

As you can hear it is going very well here and our Father is truly teaching the Moken and us more about Him.  A thousand thank you’s for your love and persistent support.  It is a privilege to walk this road with you!

Love and peace to you, In Pappa, Philip อํานาจ