Dis 'n lang pad om by Philip se huis uit te kom. Vanuit SA vat dit tussen 3 en 4 dae se vlieg, taxi, bus, bote, mototrfiets en uit eindelik die flot oor die lagoon, voordat jy by sy eenvoudige huisie staan.
Die STAMP span: Peter Shankar, (Paulien van SA), Philip, Jon & Cally Kwok
Die hele span in Ranong
En hier is ons toe by die huisie wat ons al die pad gebring het na hierdie eiland toe...
Die voorlyn is nie fraai nie maar dis werklik en tasbaar en maak sin wanneer jy hier self staan. As dit nie die liefde van God is wat mens hierheen bring en behou nie, sal geen mens die nut hiervoor sien nie.
Vandag het ek self van die mense ontmoet waaroor ons in Philip se nuusbriewe lees.... Moken geloof lyk baie anders as Afrikaanse geloof....
Hier is Jon met die vroutjie wat die 2 engele gesien het toe sy doodsiek was
Iemand het eendag opgemerk dat 'n ou se geloof jou iewers by die armoediges gaan uitbring en ek kan dit net beaam want daarin le een van die sleutels wat beskik is om ons te help ware dissipels wees.
Sending is net so ver as wat jy bereid is om self betrokke te raak
En hier is die begin van die gestroopte huis..
toe word al die materiale aangery van die hawe, toe oor die lagoon getrek en dan opgedra..
Saterdagmiddag en 6 pilare gegrawe en gesement...nog 3 om te gaan wanneer die water kan wegsypel..






