Thursday, March 29, 2012

Donderdag 29 Maart 2012



Philip het toe werklikwaar hier in SA aangekom!

Die feit dat dit amper al 'n week gelede is en dat hy nog glad nie gerus het nie, is omdat hy nog net besig was met papierwerk, visas, paspoort hernuwing, banksake ens.


Ons voel ook die reenweer maar Philip kry sommer baie koud! Dis net sy mooi tan wat verklap hy dat waar hy die tan gekry het, is baie warmer as hier by ons..


Sy hart trek 'n punt vir die seuns en die gemeenskap wat hy moes agter los om hierdie SA trip te doen, want dis waaroor hy praat en dis waar sy hart is.


Ons lag so want hy se vir die werkers op sy pa se plaas lyk hy nou so 'lelik 'omdat hy so maer is maar vir die Moken is hy nou baie 'mooi' sedert hy so 'maer' geword het...!


Ons sal laat weet hoe die res van sy tyd lyk terwyl hy nog in SA is, miskien kan ons 'n lekker braaivleis reel voorat hy weer terug vlieg...

Sunday, March 18, 2012

Philip kom SA toe om te rus

Julle het seker al by nou gehoor of gelees dat die laaste jaar op die voor-front 'n veelysende tydperk was. Die gevolg is dat STAMP die hele span nou 'n breek gegee het. Dus kom Philip kuier in SA om te rus. Dit beteken dan ook dat hy nie verpligtinge onderneem nie, totdat hy eers behoorlik uitgerus het en dan dit van daar neem.
Ongelukkig beteken dit dat daar dalk kort kennisgewing gegee sal word indien geleenthede ontwikkel. Dus is daar nie 'n agenda soos met sy laast SA terugvoer-kuier nie.
Ons sal ons bes doen om sy stuurders in SA op hoogte te hou indien daar terugvoer gedoen gaan word.

EN DIE LIEWE YSKAS.....
het toe baie vroeg in Februarie in Bangkok aangekom - waar dit nog steeds in doeane sit ..... ai, nou moes Philip sy paspoort aangestuur om dit te vrygestel te kry ... en ons hoop hy kry dit terug betyds om SA toe te vlieg...