Wednesday, December 28, 2011

hoe om a frieskas thailand toe te stuur..

Dinsdag 27 Des 2011, Oli Tambo......

So kom dit dat ons Taaiboer 'n gas frieskas nodig het op die eiland vir sy nuwe hout huisie.  Hy is nou 19 dae aanhoudend op die eiland en in die Asia hitte bly die kos nie so vars nie....  Ons vind toe uit dat die pryse is baie goedkoper hier in SA as in Thailand vir amper dieselfde grote frieskassie.  Die dat ons die blink gedagte gehad het om net darm te kyk of ons hierdie 'pakkie' ook met geleentheid kan oorstuur....
 Nou maar ja, ons is reg om daai 31kg frieskas saam met Carla Bezuidenhout oor te stuur Thailand toe as 'spesiale bagasie' .....
Van links: paulien, Alida (Carla se ma) en Carla, dan Johan Beukman en sy familie, en heel regs is Louise & Arno

Amper is toe nie stamper nie.... Etheopian Air wou toe nou nie vergunning maak vir hierdie effense groot boksie nie.
Nou gaan ons dievolgende opsies begin navors:
lug-vrag so R5000 dan is die frieskassie daar binne 8 dae....
OF
boot-vrag vir R1600 dans die frieskassie daar oor 83 dae....

Ons sal julle op hoogte hou!

No comments:

Post a Comment

Feel free to comment. Constructive criticism only.