Monday, July 22, 2013

God se hart vir mense is onbeskryflik

Ek en Philip gesels oor sy trip Bangkok toe om as gasspreker op te tree by 'n geleentheid waartydens die Moken se storie gekies as een van die media finaliste van die jaar - julle sal onthou dat daar 'n artikel verskyn het in 'n nasionale Thai tydskrif asook op nasionale TV.

En die TV program by http://www.tvburabha.com/tvb2010/index.php/magazine-cartoon-book/2012-08-16-18-02-27 - kliek 88 om die video te sien.

Eers wou hy nie gaan nie want dit neem baie van sy tyd in beslag en is regtig nie deel van sy fokus nie. Maar is hy bly hy het op die ou einde wel gegaan - daar het soveel goeie dinge gebeur en die Here het regtig vir hom en die Moken kinders kom onderneem hierdeur.  En al het hy dit baie geniet was hy meer gretig om sy hart met ons te deel oor wat die Here se openbaring aan hom was tydens die onderhoude, want in werklikheid het hy ervaar hoe die Here hom gebruik om Sy denke en wysheid te spreek en nie sy se eie nie.

"Hoe meer ons God se doen en late probeer vasvang en in reels/regulasies om te skep, hoe meet glip Hy weg.  Uiteindelik vaal ons in ons vermoe om te glo dat Jesus Christus dit IN en DEUR ons doen. Ons kan probeer maar ons kan nie die werking van die Heilige Gees formuleer of rangskik nie, ons is te sondig. Ons is die probleem en dus moet ons oorhandig. Ons moet beheer oorgee.

Wanneer 'ons dit regkry' is dit omdat Christus deur ons Sy werk kon doen. Geloof groei wanneer dit getoets word  en die toets-geleenthede gaan nie ophou solank ons lewe nie. Dinge is swaar wanneer ons faal om Christus deur ons te laat gestalte gee. Christus sal die probleem oplos as Hy wil.  Hy is ons nederigheid, ons geloof, ons onvergifnis en ons vrede. Hy is onbeskryflik lief vir die ongeredde mense, en dis slegs SY liefde binne ons wat ons in staat stel om 'n lewende offer te word."

Dit het my laat dink aan 'n insident nie lank gelede nie, toe 'n vriend 'n groot klip in 'n tonnel probeer skuif omdat die water net in stroompies om die klip kon vloei. Net soos hy is ons meermale in die pad van die Lewende Water wat om ons moet vloei ten einde die Koning se wil te laat plaasvind. Net soos hy moet ons ook "let go and let God" want dit vra van ons om ons agendas neer te le en opnuut op Hom te vertrou en te glo dat Hy dit deur ons sal doen.