In die 5 jaar wat ons op Philip se stuursel dien, is hierdie die 4de jaar wat ons deelneem aan Eden Gemeente op Bronkorstspruit se jaarlike sending fees. Hierdie was dan ook die 20ste sending fees wat die gemeente onder leiding van oom Sakkie en tannie Lily Weber gevier het. Ds Sakkie skryf in die feesblad se voorwoord:
'Ons sien miskien nie nou die vrug op ons Sending nie, maar eendag sal ons in die hemel sien, hoe groot die impak is wat hierdie gemeente op lewens gehad het wanneer 'n meenigte mense van alle volke en tale voor die troon van God gaan verskyn.
Mense wat ek en jy nie nou ken nie, maar wat Jesus leer ken het agv ons betrokkenheid by die hart van God nl. Sending. Ek en jy is deel daarvan. Wat 'n groot voorreg!"
Saterdagoggend: ere aan God in die strate van Bronkhorstspruit!!
Deelnemende Uitstallings
Pakistan
Feestelikhede gedurende die dag
Hip hop jeug
Danny Hughes (agter) en Sjinese Christene van Cyrildene in Johannesburg
2 sendelinge in hul tradisionele suid-Koreaanse drag wat die Sjinese kerk hier in SA bedien
Die Sjinese kerk maak kos vir die fees gangers. Dit was heerlik en verniet!
Sondagoggend en GeloofsBelofteOffer bydraes
Oom Sakkie - nadat ons met Philip tydens die erediens geskype het
Aktiewe stuursellede, van regs -
Louise & Arno, Juanita, Mark & Paulien
Ten einde, die skrif vir die fees:
VOLHARDING
"Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het." Hebreers 10:36