Monday, August 15, 2011

Nuusbrief Julie / July Newsletter

Ja glo dit of nie maar die maand is ek op tyd met my nuusbrief! Ek groet julle almal die maand in die Naam bo elke naam 'Jesus, Yeshua, Josua, Isai, Jesu'. Mag julle waarlik in Sy liefde en vrede lewe. Hierdie was weereens 'n wonderlike maand waarin ons die moeson (monsoon) belewe, wonderlike tyd wat ons op die eiland spandeer en meer uitgevind het hoe die Moken ons rêrig sien.

So ja, dit is 'monsoon' tyd hier in Ranong en is dit nogal 'n belewenis! Dit reën elke dag, al is dit soms net 'n paar druppels. Maar reën, reën dit! Die wind waai en die see lyk vir die eerste keer soos die see, met golwe en alles. Soms is die golwe so groot dat die ferry daarteen sukkel en daar 'n paar mense seesiek word. En ja, ek is in my element as die see so rof is! Maar dit is nie al nie, alles hier begin 'wolle' groei! Ek bedoel soos in alles! Daar is nie 'n ding wat nie sulke wollerig grys-wit goed groei nie. Kyk my boekrak, tasse, klere en wat nogal groei die goed. In die begin maak jy elke dag skoon, maar jy gee later moed op en doen dit dan net so een keer 'n week. Die voordeel is dat dit heerlik koel is die tyd van die jaar en ons reën soms meer as twee keer 'n dag sop nat. Daarom drae ons nou ook sulke prettige waterdigte sakkies saam met ons. Dit is nou net om die nodigste goed darm droog te hou! Net toe ek dink ek begin Thailand ken, verras dit my met die 'monsoon' tyd hier in Ranong.

Die reën hou ons egter nie weg van die eiland af nie en die tyd wat ons daar spandeer is wonderlik. Daar is nie 'n week wat verby gaan waarin ons nie meer van die Moken leer nie. Dit is waarlik 'n wonderlike unieke nasie! Hulle gaan met elke springgety uit om garnale te vang. Ons het die geleentheid gehad om saam met hulle te gaan en was dit lekker. Dit is nogal harde werk, die garnale vang, en die vergoeding van die dag kan soms maar skraal wees. Dan word die see goggas ook nog vir 'n skrale R50/kg verkoop. Dit is nou vir die koningin grote garnale.

Hulle lewe op hul kabang (bote) wat 'n klein koolstoofie aan boord het. Daarop word rys gekook asook vis en seekos gerooster. Dan word die kos sommer so met die hand geëet - dit is wonderlik lekker! Ons sien ook hoe die grootmense met hulle kinders interaksie het. En so nou en dan word ons ook by die gesprek ingesluit as hulle met ons Thai praat. Anders is ons maar net daar. Hulle is baie geduldig as hulle ons leer hoe om met die nette te werk en gee nie om, om 'n ding oor en oor te wys nie. Hulle is baie rustige klomp en hulle lewe baie naby aan mekaar. Uuum, fisies ook!

Dan as jy weer op land kom wys hulle jou waar hulle bly, want daar is nie genoeg plek op die bote vir almal nie. Dit was waarlik iets besonder! Dit is amper of hulle 'n plekkie het waar hulle van al die bedrywighede van die Moken dorpie kan ontsnap. Aan die begin was dit baie ongemaklik en ek het die gevoel gekry dat ons nie welkom daar is nie. Maar na die aand se slaap daar, kon 'n mens sien hoe hulle begin ontspan. Daar sal egter nog baie water in die see moet loop voor ons waarlik daar gaan deel wees!

Dit bring ons uit by dit wat ek hoor die Moken van ons sê en hoe hulle ons op die stadium sien. Gewoonlik as een van hulle so 'n bietjie diep in die bottel gekyk het, is hulle braaf genoeg om so 'n bietjie met ons te kom praat. Dan vis 'n mens ook so 'n bietjie, om uit te vind wat die Moken van ons dink. So op die stadium weet die Moken nie waarom ons daar is nie en is dit ook die vraag aan ons. Ons probeer die antwoord nog so 'n bietjie uitstel soos ons die dinge in die kerk-span en met Peter van STAM probeer uitsorteer.

Dan hoor ons ook dat die Moken baie bly is dat ons so mooi na die kinders kyk. Die een man se woorde was 'Julle het hulle lief met die liefde van God. Julle gee waarlik vir hulle om en dit is vir ons lekker om ons kinders so te sien verander!' Wat dit presies is wat die man bedoel, weet ek nie. Nog 'n ander een sê dat ons die kinders op die regte manier leer en hulle toelaat om waarlik kind te wees. Nog 'n ander een sê dat hulle voel veilig om hulle kinders by ons te los. So die terugvoer lyk goed, al weet hulle nog nie waarom ons daar is nie.

Die anderdag praat ek met een van die moeders van een van die seuns. Ek moes haar herhaaldelik reghelp, want sy noem my god. Sy het gesê dat haar seun enige tyd by my kan bly, want ek is mos god. Ek het later moed op gegee om haar reg te help, want sy hoor my nie! Dit is snaaks maar die siening skep baie probleme ook, want dit maak mense baie bang vir jou en plaas jou op 'n plek waar jy mense baie teleur gaan stel. Veral die tieners wil nie eers na my kyk nie en is te bang om met my te praat. Maar daar is niks wat 'n bietjie tyd en baie verhouding nie kan reg maak nie.

Soos julle kan sien gaan dit nog baie goed hier en dat Vader waarlik besig is om ons en die Moken meer van Hom te leer. Duisend dankies vir julle liefde en volgehoue ondersteuning. Dit is vir my 'n voorreg om die pad saam met julle te stap! Liefde en vrede vir julle.

In Pappa, Philip อํานาจ
 Die wollerige hare wat oral groei / the monsoon causes hair to grow everywhere
My prettige water digte handsakkie / my quite water proof handbag

 Believe it or not, this month I am on time with my newsletter!  I greet you all in the Name above every other name, that of Jesus, Yeshua, Josua, Isai, Jesu.  May you truly live in His love and peace.  This last month, was once again wonderful as we experience the monsoon, we again spent wonderful time on the island and found out how the Moken really see us.

So then, it is monsoon time here in Ranong and it is quite an experience!  It rains everyday even though it could be just a few drops.  But when it rains, it pours!  The wind blows and the sea looks for the first time like the sea, I mean with waves and all.  At times the waves are so big that the ferry struggles against it and some people actually get sea sick.  I of course feel right at home when the sea is that rough!  But that is not all, everything here starts to grow fur – and I really mean everything!  There is nothing that is not growing a grey-white sort of wooliness.  My bookshelf, suitcases, clothes and what ever, is growing this stuff.  In the beginning I cleaned every day, but soon realised and then threw in the towel.  Now I clean once a week.  The benefit of the weather is that it is refreshigly cool this time of the year and sometimes we get drenched more than twice a day.   That is why we carry these cute little water resistant bags everywhere with us just to keep the essentials dry. Just when I though I kind of know Thailand, it surprised me with the monsoon here in Ranong.

Thankfully the rain is not keeping us from going to the island and the time we spend there still is wonderful.  There is not a week that goes by that we do not learn something else about the Moken.  They are truly a wonderful and unique nation!  With every spring tide they go out to catch prawns.  We had the opportunity to go with them and it was so enjoyable.  It is rather hard work catching shrimp and sometimes the reward for the day is very slim.  Often these sea crawlies are sold for a mere R50 per kilo – that is for queen size.

They live on their kabang (boats) which have a small coal stove on board.  They use it to cook rice on as well as roast fish and other seafood.  They then eat this smorgasbord with their hands – simply delicious!  We see how the grownups interact with their children and now and again we are included in the conversation when they choose to speak Thai to us.  Otherwise we are just there.  They are very patient when they are showing us how to work with the nets and don’t mind to show us the same thing over and over.  They are a very peaceful group and live very close to each other, um physically too!

When we were on the island again, they took and showed us where they live because there is not always enough space for everyone on the kabang. That was truly special!  It is as if they have a little private spot where they go to get away from the busyness of the Moken village. In the beginning it was uncomfortable because I felt as if we were not welcome. But after sleeping there for the night, we could see how they started to relax.  However, a lot of water has to run into the ocean before we would truly fit in.
 
This brings us to what I heard the Moken say about us and how they see us at this stage.  Normally when one of them had a few too many toots, they are brave enough to come and talk to us a little.  This is a good opportunity for us to fish for their thoughts on us.  At this stage the Moken don’t know why we are on their island but they are interested to know.  We are trying to extend the true answer a little longer until we can try and sort out things with the church teams and Peter from STAMP.

They also tell us that they are very happy that we are looking so well after their children!  The one man’s words were ‘you love them with the love of God’.  You truly care for them and we like to see how the children are changing.  What exactly the man meant I don’t actually know.  Another said that we are teaching the children the right way and are allowing them to be children.  Yet another said that they felt it safe to leave the children with us.  All in all the feedback sounds positive, even though they still don’t know why we are there.

The other day I spoke to the mother of one of the boys.  I had to repeatedly correct her as she was calling me god.  She said her son can stay with me anytime because I am god.  Later on I gave up on correcting her because she was not hearing me!  Actually this viewpoint is creating more problems because the people fear the gods and therefore us.  We are thus set up to disappointment them a lot. Especially the teenagers, some of them don’t even want to look at me and are too scared to talk to me! But there is very little that a bit of time and a lot of relationship can’t fix.

As you can hear it is going very well here and our Father is truly teaching the Moken and us more about Him.  A thousand thank you’s for your love and persistent support.  It is a privilege to walk this road with you!

Love and peace to you, In Pappa, Philip อํานาจ

Nuusbrief Junie/June Newsletter

Ja, ja ek is weer laat en vrae innig verskoning daarvoor! Ek het maar net so 'n bietjie verlore geraak in dit wat hier gebeur en toe ek weer sien, nou ja! Ek dink darem julle verstaan. Ek het goeie terugvoer van julle gekry oor die droom, dan het ek soos gewoonlik baie geleer, iets wonderliks het met my gebeur in Maleisie, en dan gaan dit baie goed op die eiland.

Ek wil dan net baie dankie sê aan almal van julle wat vir my terugvoer gegee het oor die droom. Ek wil in besonders vir Peter Tan bedank wat my baie gehelp het met die verstaan daarvan en ook riglyne gegee het hoe om nou vorentoe te gaan. Dit is duidelik dat ons Vader iets van die geestelike omstandighede daar op die eiland aan ons bekend gemaak het en ook Sy plan van hoe Hy dit graag wil oorkom. Nogmaals baie dankie aan julle almal.

Soos julle weet hou 'n mense nooit op met leer nie. Net as ek begin dink ek begin verstaan waaroor dit nou eintlik gaan, dan kom die Here en gooi Hy 'n stok in my wiele en elke keer slaat ek met 'n groot gejuig neer. Om dan maar net weer op te staan en 'n aanpassing te maak in die nuwe openbaring wat Hy aan my gegee het. Ek het in vorige briewe redelik sterk teen ons manier van lewe uit gevaar en ek was baie teleurgesteld in myself en in dit wat ek geglo het dit alles oor gaan. So bly die Here ons prentjie in ons kop vorm waaroor dit nou eintlik gaan en waarmee Hy besig is.

Met dit in gedagte wil ek graag aan julle mee deel hoe die Here weereens verlede maand, dit is nou Junie, weer so 'n stok in my wiele gegooi het. Kyk, my verstaan van God die Vader was, Hy is Almagtig, Skepper van hemel en aarde, Regverdig, Geregtig, Volmaak, Hy is Vader van alles, Groot, Onbeskryflik, ens. Ek dink julle kry die prentjie. Nou hoe dink julle nader so 'n Almagtige wese jou, om met jou te kom praat? Wel ek het gedink miskien soos deur 'n brandende bos, of uit 'n vuurkolom, of so iets. Om die waarheid te sê, ek het nie gedink Hy stel waarlik belang daarin om tot ons te nader nie. Hoe verkeerd kon ek nie gewees het nie!

Soos ek het aan julle mee gedeel het, was ek na die Vaderhart seminaar toe, terwyl ek in Maleisie was. Dit was daar waar ek iets ervaar het wat ek nie geweet het moontlik is nie, en my hele lewe onderstebo gekeer het. Daar word aan jou al die wonderlike stories vertel van wat die Vader in hulle lewens gedoen het. Hulle nooi jou uit om ook jou hart vir Vader oop te maak sodat Hy met jou kan praat. Nou met my agtergrond is ek maar redelik versigtig as dit by sulke goete kom, jy wil jouself nou nie staan en bloot stel aan die verkeerde goed nie. Maar tog het ek besluit om my hart vir Vader oop te maak, ek het geen behoefte aan voorgee nie en as dit die waarheid is, wel, wie is ek om dit teen te staan?

En wel, dit wat ek daar ervaar het was iets wat woorde nie waarlik kan beskryf nie. God Almagtige, Skepper van hemel en aarde, het na my toe gekom en met my gespeel soos 'n pa met sy kind speel.Woorde is daar nie om dit eers te begin probeer beskryf nie. Al wat ek weet as iemand dit nie self ervaar nie, daar geen manier is dat jy dit sal kan begryp nie. Dit kan nie uit geredeneer word of verklaar word nie, dit pas nie in my teologiese verstaan van wie God is nie en ek is nooit geleer dat Hy so 'n verhouding met ons begeer nie. Al wat ek weet is dit, hierdie Groot Onbeskryflike God, het my Pappa geword. En as ek na Hom gaan, gaan ek na Hom as my Pappa. In my lewe het ek nog nooit soveel liefde en genade en teerheid ervaar nie.

Nou verstaan ek wat Jesus bedoel toe Hy gesê het, “Ek is die Weg die Waarheid en die Lewe, niemand kon na Vader toe nie, behalwe deur My nie.” Ons Here Jesus is waarlik die Weg terug na Vader toe, al wat ons moet doen is om dit te glo. Die ergste van alles is, daar is menslik niks wat ons kan doen om dit te kry nie, dit is reeds daar vir ons wat glo! Sjoe julle, dit was en is onbeskryflik! As jy eers daardie onbeskryflike liefde ervaar het, is daar niks anders waarna jy verlang nie. Jy voel skoon verlief en daar is nie 'n oomblik wat jy nie aan Vader dink nie. Nee kyk, wie sou dit nou kan dink!

Nou met die nuut gevonde liefde, wat brand soos 'n onblusbare vuur in jou, verander jou uitkyk na alles om jou. Toe ek terug gegaan het eiland toe, was my gemoed vol, toe ek die Moken sien. Hulle is so eenvoudig, so presies wat Vader wel hê hulle moet wees. Jy wil hulle net druk en ook laat deel in die liefde van Vader. Dit brand in jou en as jy nie daar aan uiting gee nie, voel dit of jy gaan ontplof. Ja die Moken kan die nuwe liefde sien en hulle reaksie is baie positief tot die liefde van Vader wat uit my vloei. Wat 'n voorreg om so deel van Vader se liefde te wees.

Baie dankie vir al julle liefde, eposse en gebede. Weet net dat ons 'n span vorm om die Here hier te dien. Mag julle ook verlore raak in die liefde van ons Vader!
In Hom, Philip อํานาจ
 Wat is anders aan die foto? / What is different here?

Yes, yes, I am still behind with my newsletters and make humble apologies!  I got a bit lost in what is happening here, and the next thing, yes well, I’m sure you understand.  I received great feedback regarding my dream, in the meantime I have learnt a lot again, something special happened to me in Malaysia, and it is going very well on the island

I just want to thank all of you who gave me feedback about the dream I had.  I would like to thank Peter Tan in particular who helped me a lot to understand it and who also gave me guidelines on how to continue from here on.  It is clear that our Father revealed some of the spiritual circumstances on the island as well as His plan to overcome it.  I thank you all once again.

As you yourselves know, we never cease to learn.  Just as I thought I started to understand what it is all about, the Lord put a spanner in the works that sent me flying and then flattened me! All this so that I could get up again, make the necessary adjustments according to the revelation He gave me.  In one of my previous letters I took a strong stance against the way we live and was very disappointed in myself as well as in what I perceived it was all about.  The Lord continues to shape the picture in our heads about what He is busy with and what it is really all about.

With this in mind, I would like to share with you how the Lord went about putting that spanner in my works during June.  My understanding about Lord God the Father is that He is Almighty, Creator of heaven and earth, Just and Righteous, Perfect, Father of all, Great and Indescribable.  I think you get the picture.  How do you think such an Almighty Being approaches and then talks to you?  Well, I thought maybe as a burning bush or out of a cloud of fire, or something similar.  To tell you the truth, I didn’t think that He was really interested to draw closer to us.  How wrong I was!

As I previously told you, I attended the Father’s Heart seminar when I was in Malaysia.  It was there that I experienced something I didn’t think was possible that also turned my life upside down.  During the seminar different testimonies are told about what our Father has done in people’s lives.  Those attending are then also invited to open their hearts for our Father to speak to them personally.  With my background I was rather hesitant when it got to things like this as I didn’t want to expose myself to the wrong kind of thing.  Yet I decided to open my heart to our Father as I don’t care much for pretence.  If this was the truth, who was I to withstand it?

And so I experienced something that words truly can’t describe.  God Almighty, Creator of heaven and earth, came to me and played with me as a father would play with his child.  There are no words to even try and describe it.  All I know is that if somebody doesn’t experience it themselves, there is no way to comprehend it.  It cannot be argued or explained, it does not fit in with my theology of who God is as I was never taught that our Father desires such a relationship with us.  All I know is that this Big Indescribable God became my Daddy.  And when I go to Him, I go as to my Pappa.  In my life I have never experienced such love, mercy and tenderness.

Now I understand what Jesus meant when He said:  “I am the Way and the Truth and the Life, nobody comes to the Father except through me.”  Our Lord Jesus is truly the Way back to our Father, we just have to believe it.  The worst is that there is nothing we can do to get it - it is already there for those who believe!  Wow guys, it was and is indescribable! Once you have experienced that unbelievable love, there is nothing else you yearn for.  You feel in love and there is not a moment you don’t think about our Father.  Who would have ever thought!
Now with this new found love that is burning like a raging fire in me, my whole outlook has changed.  When I returned to the island, my being was filled with His joy when I saw the Moken.  They are so simplistic, so precise in what our Father wants them to be.  I wanted to let them feel and share in what I received so badly.  Yes, the Moken can see this new found love and their reaction is very positive toward the love of our Father that is flowing out of me.  What a privilege to be part our Father’s love.

Thank you very much for your love, emails and prayers.  Just know that we are partners in serving the Lord here.  May you also be lost in the love of our Father!

In Him, Philip อํานาจ