Monday, November 17, 2014

Somtyds vat dit langer om gestalte aan 'n visie te gee

Hierdie 2 tafeldoeke kan die begin van ons 2015 projek met die Moken gemeenskap wees.  Die visie het vroer die jaar begin gestalte kry en kan DV volgende jaar 'n nuwe begin vir die Moken wees







In die begin - Die Boom van Lewe
Die kinders identifiseer met die see omdat hul verwysingsraamwerk gekoppel is aan die plante en skulpe en seediere van die eiland waarop hulle groot word


Elkeen se handjie met sy Engelse en Thai naampie


























Op die einde het ons en Flip die doek in Oktober tydens sy SA besoek in Jhb gemaak wat hy toe net so saam gevat het terug eiland toe en wat nou in sy huis hang



Terwyl ons op die eiland was het ek die kinders se handjies afgetrek wat die dag saam met ons gekuns het.  Op die einde het dit al die pad weer terug SA toe gegaan want daar was net nie genoeg tyd nie





Tracy sny see-dier stensils so tussen die aktiwiteite deur (Mei)


Reeds in Maart toe ons besig was om muurbehangsels te verf om geld in te samel vir die bouporojek, het die idee begin posvat om 'n doek te maak op die eiland waarby die Moken kinders self betrokke is


  “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matt 6:33