Kyk hierbo vir November se nuusbrief / Look to the top for the November newsletter
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
UITNODIGING
Namens Philip van Wyk se stuursel, nooi ons mense uit na die Thai fees genaamd Loy Krathong op Saterag 26 Nov by die Bright Water Commons in Randburg, Jhb. Dit word gehou deur die groeiende Thai gemeenskap in Gauteng en is ‘n eg Thai-se feesdag met tradisionele danse, masseering, wonderlike (maar warm) Thai disse, Thai speletjies, ‘n skoonheids kompetisie en nog heeltwat meer. Die hoogtepunt is die aansteek van die kers-blomme en wierook-kranse (krathongs) wat op die water weggestoot word asook die olielampe wat in die lug vrygelaat word in die aand.
Die krathongs verteenwoordig ‘n afskeid van sonde, pyn en berou deurdat daar vergifnis gesoek word wanneer dit op die helende-lewende water geplaas word en wegdryf.
Die aansteek van die sweefende olielampe - waar die lig die duisternis indring en vooruitgaan in oneindigheid - simboliseer ‘n goeie hoop en voorspoed vir die onvoorspelbare toekoms.
VRAAG
Ek wil net graag iets meer oor die Loy Krathong fees sê. Dit behels dat die ongelowige Thais voorwerpe soos naels in 'n bootjie laat vaar oor 'n rivier, met die gedagte dat hulle van hulle slegte gewoontes, soos sonde, ontslae raak soos wat die bootjie weg vaar. Sou dit dan nie gepas wees dat ons as gelowiges juis daardie dag gebruik om hulle te vertel hoe hulle werklik van hulle sonde ontslae kan raak, i.p.v om passief deel te gaan hê aan 'n heidense fees nie?
ANTWOORD
Wat 'n uitstekende vraag. Ek is so bly om te kan se dat die Thai fees juis vir ons 'n mini-uitreik dag is en nie net passiewe bywoning nie. Wanneer dit kom by kruis-kulturele, ongeredde mensegroepe, wil ons beslis sendingwerk doen en nie soseer evangelisasie nie.
Met ander woorde, ons gee prioriteit-aandag aan die 'lewens-en-wereldsbeskouing' (worldview) van mense: die spil waarom alles nou eintlik draai in ware sending. Die manier hoe God mense se kulturele-draadwerk gemaak het, dra ongelukkig nie'n hoe prioriteit in evangelisasie nie, nie teenstaande die feit dat die kulturele kodering waarmee God mense gemaak het, bepaal direk hoe hulle informasie ontvang en aanvaar, of nie.
Veronderstel 'n Hindu persoon kom na jou toe en in gebroke Engels vertel hy jou al sy geloofsoortuigings en vra jou vas, sodat hy jou inligting kan gee hoe om te glo en die ware lig te word en te volg, op die manier wat hy en sy familie al vir meer as 4000 jaar doen. Miskien sal jy nog saam gepaat het as hy bewus was en bekend was met jou Afrikaanse, Christelike geloofsbelydenis en kerk-etiket en daarvolgens met jou kon kommunikeer op 'n manier wat vir jou bekend is. Maar hy kan nie van die heup skiet en dink jy gaan hom glo én jou geloof sommer so verander nie.
Jy kan nie een geloof (religion) net so met 'n ander probeer vervang nie, al dink baie mense so.
Ongelukkig is dit primer die metode van evangelisasie vandag. Om Christus as persoonlike Saligmaker te aanvaar en as Meester te dien, is glad nie vir ons ‘n verskilpunt nie. Maar die pad wat gevolg word om ongelowiges by daardie pêrel te help uitkom, het alles te doen met die plan asook die doel van sending. Dis ‘n journey wat oor die laaste 200 jaar die deurslag gee en raai, sending is nie net vir sendelinge nie, dis vir die hele liggaam bedoel, veral as mens onthou dat nie almal geroep is om sendelinge te word nie. (Die brandende vraag is dan, wat is jy verondrstel om te doen in die sendings-plan?)
Teenoor evangelisasie neem sending baie langer. Die Here is nie haastig nie want die oorhoofse rede vir die Koningkryk is nie oor hoeveel siele Christene kan red nie.....
Die basiese vereiste is om die reg te verkry om in 'n ander kultuur inspraak te he (praat-reg). Die mense van daardie kultuur moet self jou aanvaar en uitnooi om jou geloof met hulle te deel voor hulle dit sal oorweeg om dit te aanvaar. In kulture (nes in jou eie kultuur) gebeur dit deur eers egte verhoudings te bou wat vooraf gegaan word deur hul hartstaal te leer en te praat. Daarna leer mens, deur goeie verhoudings, wat God die Vader van Homself in daardie kultuur gesit het van die heel begin af.
Dit is wonderlik dat hoe langer sendelinge in 'n kultuur werk, hoe meer ontdek hulle dat elke iedere kultuur dele van Vader se Skepping-stories, Redding-stories, Vergifnis-stories, Doop-stories, Verheerlikings-storie en alles wat mens nodig het om met God te verenig, klaar al reeds het. Alle kulture is onregmatig deur satan geneem (usurp) en God wil alle mense van al die verskillende gelowe terug win.
Sou jy dus iets wou sê om hulle te beinvloed om te verander, moet jy deur hulle erken word as 'n gesiene, gerespekteerde, geleerde, godsdienstige persoon of iemand wat die posisie beklee as geestelike leier in hul gemeenskap, nes ons ook nie na enigiemand sal luister nie. Teen daardie tyd sal die Heilige Gees hulle harte al voorberei het en sou hulle alreeds die geestelike Hand van God beleef en ervaar het sodat hulle gewillig en met diepe begeerte Hom as hulle Saligmaker en Meester sal wil aanneem.
Die sendelinge se lewenswyses en alledaagse doen en late sou alreeds getuig het van 'n lewe wat aan Hom behoort, nie soseer kerkbywoning of tradisionele/godsdienstige praktyke nie.
Ek dink jy kan begin sien, dat om vir die ongelowiges Thai’s te se wat om te doen of nie te doen nie omdat dit ons oortuiging is, gaan geen invloed hê op hulle nie. Dis presies soos die Hindu wat vir jou wil sê wat om te doen en te glo.
Om die Thai mense op een van hul baie belangrike feesdae te probeer oortuig hoe verlore hulle is en hoe verkeerd hulle tradisies is, en dan een gebed met hulle te doen om alles te prober verander en reg te maak, is nie vatbaar of geloofwaardig nie. Om mense te vertel hoe verkeerd hulle eie kulturele gebruike is, is eerder afstootlik as aanloklik vir Sy boodskap.
Veronderstel jy kan iemand op Loy Krathong oorreed met 'n reddings-gebed (wat nie Bybels is nie), wie gaan dan 'n pad stap saam met die Thai persoon om hom te dissipel in sy eie kultuur en taal en omgewing, sodat sy hele identieit/kultuuur en hele huishouding gewen kan word vir God? Die fout wat die westerse kerke maak is dat die ongelowige Thai persoon nou soos ons moet word.
Met ander woorde, na ons kerk denominasies toe moet kom, ons lofliedjies moet sing en na ons eie-kulturele preke moet luister. Jesus het ‘n Koningkryks boodskap gebring en dit sal tog interessant wees om te hoor na watter denominasie Hy ‘n ongelowige Thai toe sal stuur vandag?
In plaas daarvan dat ons wat alreeds die mandaat en die verbond ontvang het, ons lewe neerlê vir hulle en hulle met ons hele lewe bedien (nes Jesus as dienskneg opgetree het deur die Goeie Boodskap te demonstreer), verwag en vereis ons dat hulle soos ons word maw ons Suid-Afrikaanse – Amerikaansse - Westerse -Christelik-denominasie identiteit aanvaar.....
Ongelukkig sien ons nog nie ons eie mensgemaakte foute raak nie maar is so gewillig om dit in elk geval net so aan die ongelowige Thai oor te dra....
Maar alles is nie verlore nie - om hulle te wys hoe om Sy teenwoordigheid in hulle harte te vestig sodat hulle Vader-God kan verheerlik en vind deur hulle eie kulturele liedjies, eie kos, eie gewoontes, eie taal en eie lewens-en-wereldsbeskouing, is vir ons beskore.
Wat 'n visie: 'n Thai gelowige kerk in Gauteng… Wonder hoe sal dit lyk as Jesus gese het Hy sal dit self bou?
Maar die vraag moet gevra word op 'n stadium, wat is dan aanloklik vir hulle van ons verhouding met Hom en nie soseer die Christelike mensgemaakte godsdiens nie? Dit alleen is 'n hele dag se gesprek!
Dus is die Thai Lig fees ‘n baie goeie geleentheid om Koningkryks-werk te doen en nie evangelisasie nie. Ons groepie middel-koordineerders gaan beslis daardie dag met God praat oor die Thai’s in plaas van met die Thai’s oor God praat. Dan gaan ons vir die werkers van die oes bid – dis nou die passiewe Christene wat net wil praat en nie hul lewens neerlê nie – sodat die Here hulle kan uitstuur (THRUST sê die Amplified) in Sy oes wat reeds ryp staan.
Ek dink jy kan sien dat ons sending-benadering gemik is op lang termyn werk en nie op sogenaamde quick fixes nie, want ‘n quick fix maak jou los om jou eie ding aan te hou sonder om hoef te verander. ‘n Quick fix verlos jou van die verantwoordelikheids-kruis om die lang pad saam met Hom te stap om eers jouself te verloor voordat ander deur jou oplegging met Hom versoen kan word.



No comments:
Post a Comment
Feel free to comment. Constructive criticism only.