Dit was regtig grate gewees om te kon hoor hoe Arno sy hart gepraat het en ons vertel het van sy ongeloofllike ervaring. Hy het slides gebruik om mense aan Flip bekend te stel en te wys waar hy bly en hoe dit daar lyk. Daarna het die geestelike leier Jaco van Leende Woord Cullinana, vir Flip opgedra in deernis en met 'n hart wat klop vir die nasies en die Here se stem .....
Jaco se boodskap was beslis van groot Koningkryks waarde:
1. Hou jouself deurentyd vol van deernis (compassion) vir mense
2.Werk deurentyd saam (cooperation) met die Heilige Gees en ander mense
3. Wees deurentyd vasberade (confident) dat die Woord in jou sal bly en jy daarin, deur gebed
4.Wees deurentyd dapper (courageous) want daar is 'n stryd wat jou sal teenstaan. God met Sy Gees oor ons maak ons dapper
Waarom? Want ons almal het die bedienning van versoenning ontvang IN naaste liefde
Moet nooit se "ek kan nie want....." daar is geen verskoning nie want God slaan 'n reguit hou met 'n krom stok.
LIEFDE IS 'N WERKWOORD
So die vraag is: wat is my passie en waar moet ek betrokke wees?
Daarna is ons na Riaan en Corne se klein hoewe om saam te kuier en al die stories te hoor... ag te lekker om dit deur Arno se oe en hande en gesig te hoor!
Corne & Riaan
Riaan, Clem en Jaco
Peet & Elsabe en Riaan
Luani en Louise
VOLHARDING
"Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te
ontvang wat Hy beloof het." Hebreers 10:36