Tuesday, March 11, 2014

Hier is die 15 spanlede wat Sy roep gehoor het en wat Thailand toe gaan


Arno & Louse v d Merwe - Cullinun Lewende Woord

Francois van Zyl (14) - Cullinun LW

Schalk v Schalkwyk- Cullinun LW - en vroulief Corrie wat by die huis bly om te koordineer en te bid

 Lynnette Koen - connection to Cullinun LW

 Lizette van Wyk (verlangse familie v d einste Taaiboer) - Gereformeerde Kerk Randburg

Anculien & Vicci Schoeman - pasgetroudes van Gereformeerde Kerk (Randburg)

 Tracy en Jade (12) Ferreira - Gereformeerde Kerk Randburg

Jared Stanford (married to Sanchia who, with their 2 little ones, will pray for their dadda) - Stirling Presbyterian East London  

Terrance Alexander - Open Doors church, Westbury


Juanita Nagel - Taaiboer Stuursel

Paulien & Mark Enrieu - Gereformeerde Kerk Randburg

24God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. 25Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. 26Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon. 27God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, 28want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’                                                                   Handelinge 17: 24 - 28


Tuesday, February 25, 2014

Kom saam en help vir Flip

Bly by die huis of kom saam Thailand toe,
maar vat hande sodat ons vir Philip in sy bedienning kan bystaan


Dis tyd om die Here se hand vas te vat met jou een hand en met jou ander jou moed, geloof, gehoorsaamheid en proviant sodat ons self vir Philip hulle kan gaan help op Koh Phayam eiland.  

Baie kere is ons verwyder van persoonlike betrokkenheid in sending juis deur afstand en ander logistieke.  En dis eintlik wat die besoek so besonders maak, 'n opofferring met direkte trefkrag, in Vader se Koningkryk in Budhistiese Thailand. 



As jy self wil gaan en span-maak moet jy of 'n handige nutsman wees, of hope vol liefde en aandag in jou hart he vir die Moken kinders, of bereid wees om die voorlynwerkers en spanmaats in geestelike gawes te dien. 

As jy nie self wil gaan nie maar tog mededeelsaam wil wees in die onbereikte-mense oes, kan jy op dievolgende maniere hande vat:
* gebed in vennootskap met die Stuursel of ander lede van die span
* finansies in vennootskap met die Stuursel vir projekte soos bougereedskap, klere en medisyne
* finansies in vennootskap met ander lede
*borgskap vir iemand anders om jou hande en voete daar anderkant te wees

Ons 2 weke diens-kuier gaan vanaf 9 - 24 Mei 2014 plaasvind. Indien jy geroep voel om deel te wees, bid asb hieroor, nooi ander om saam met jou te staan en kontak Paulien Enrieu so gou as moontlik.  Besprekings sluit Sondag 2 Maart 2014. 


God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde-arbeid wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie. Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle end-uit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is. Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het.                                               Hebreërs 6:10,11,12

Monday, November 18, 2013

Arno gee terugvoer op Cullinan

Sondag 17 Nov 2013

Dit was regtig grate gewees om te kon hoor hoe Arno sy hart gepraat het en ons vertel het van sy ongeloofllike ervaring.  Hy het slides gebruik om mense aan Flip bekend te stel en te wys waar hy bly en hoe dit daar lyk. Daarna het die geestelike leier Jaco van Leende Woord Cullinana, vir Flip opgedra in deernis en met 'n hart wat klop vir die nasies en die Here se stem .....

Jaco se boodskap was beslis van groot Koningkryks waarde:
1. Hou jouself deurentyd vol van deernis (compassion) vir mense
2.Werk deurentyd saam (cooperation) met die Heilige Gees en ander mense
3. Wees deurentyd vasberade (confident) dat die Woord in jou sal bly en jy daarin, deur gebed
4.Wees deurentyd dapper (courageous) want daar is 'n stryd wat jou sal teenstaan.   God met Sy Gees oor ons maak ons dapper

Waarom? Want ons almal het die bedienning van versoenning ontvang IN naaste liefde
Moet nooit se "ek kan nie want....." daar is geen verskoning nie want God slaan 'n reguit hou met 'n krom stok.

LIEFDE IS 'N WERKWOORD
So die vraag is: wat is my passie en waar moet ek betrokke wees?



Daarna is ons na Riaan en Corne se klein hoewe om saam te kuier en al die stories te hoor... ag te lekker om dit deur Arno se oe en hande en gesig te hoor!

Corne & Riaan

Riaan, Clem en Jaco



Peet & Elsabe en Riaan



Luani en Louise





VOLHARDING
"Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het." Hebreers 10:36

Saturday, November 2, 2013

Arno kuier op Kho Phayam eiland

En so het dit gekom dat die tyd aangebreek het om familie-in-Christus te stuur om vir ons Taaiboer te gaan kuier.

Nadat ons by Pappa gaan hoor het en bevestiging gekry het Arno is die vriend wat gaan klim, het hy 'n paar mede-reisgenote genader om saam met ons die finansies te dra sodat ons morele ondersteuning vanuit SA aan Flip kon bied. Hierdie tipe behoeftes word gewoonlik deur die sending organisasie vervul wat hul sendelinge op die veld onderskraag en gereeld opbou.  Maar ongelukkig het die sending organisasie waarby hy betrokke was sedert 2011 nog nooit in hierdie rol vir die sendelinge deurgekom het nie.

Arno skryf: "Van my kant af wil ek net baie dankie se dat julle bereid was om vir Philip en die Moken kinders 'n plekkie in julle harte en gedagtes te gegee het - dit is waarom dit alles vir my gaan. Julle bydra is amazing vir my want ek ken julle dat julle nie 'n kans laat verby gaan om in die Koningkryk te belê nie. Ek weet Sy plan is baie groter as ons plan.
Daar is basies net een ding waarvoor ek julle gebed vra op die stadium en dit is dat ek Pappa se agenda sal hoor, ontdek en daarby uitkom sodat vooropgestelde persepsies nie ons werk by die Moken belemmer nie. En dankie vir julle reis-gebede - ek moet deur doeane met al die ontwurmings pille, vitamines en die einste drom...
Weereens baie dankie vir julle samesyn en bydra op alle vlakke!  Wanneer ek terug kom sal ek baie graag vir julle wil nooi en die geleentheid wil gebruik om vir julle te vertel wat ons beleef het en wat Pappa in Philip se lewe en sy kinders se lewens doen.
In Hom oor wie dit alles gaan, Arno." 
Oppad met die drom (voorgrond)

die kinders van Flip se laaste nuusbrief in lewende lywe

En hiers Arno terug

Arno se dat ons nie eens die helfte hoor van wat alles daar by Philip op die eiland gebeur nie.  Sy Christus-lig wat deur sy dade skyn, raak nie net die animistiese Moken-harte nie, maar ook die Mynmaries en die Budhisties Thai's se harte.

Ons nooi julle graag om vir Arno te kom luister vertel van sy trip, op Sondag 17 Nov in Cullinan.  Bring 'n piekniek mandjie saam en 'n stoel vir elke boud - ons wys Arno se videos van Flip en die kinders.

Monday, September 30, 2013

Sending FEES!

Eden Gemeente sending fees, Vrydag 13 - Sondag 16 September 2013


In die 5 jaar wat ons op Philip se stuursel dien, is hierdie die 4de jaar wat ons deelneem aan Eden Gemeente op Bronkorstspruit se jaarlike sending fees.  Hierdie was dan ook die 20ste sending fees wat die gemeente onder leiding van oom Sakkie en tannie Lily Weber gevier het. Ds Sakkie skryf in die feesblad se voorwoord:

'Ons sien miskien nie nou die vrug op ons Sending nie, maar eendag sal ons in die hemel sien, hoe groot die impak is wat hierdie gemeente op lewens gehad het wanneer 'n meenigte mense van alle volke en tale voor die troon van God gaan verskyn. 
Mense wat ek en jy nie nou ken nie, maar wat Jesus leer ken het agv ons betrokkenheid by die hart van God nl. Sending.  Ek en jy is deel daarvan.  Wat 'n groot voorreg!"

Saterdagoggend: ere aan God in die strate van Bronkhorstspruit!!




Deelnemende Uitstallings




Pakistan




Feestelikhede gedurende die dag
Hip hop jeug

Danny Hughes (agter) en Sjinese Christene van Cyrildene in Johannesburg

2 sendelinge in hul tradisionele suid-Koreaanse drag wat die Sjinese kerk hier in SA bedien


Die Sjinese kerk maak kos vir die fees gangers.  Dit was heerlik en verniet!





Sondagoggend en GeloofsBelofteOffer bydraes
Oom Sakkie - nadat ons met Philip tydens die erediens geskype het

Aktiewe stuursellede, van regs -
Louise & Arno, Juanita, Mark & Paulien


Ten einde, die skrif vir die fees:

VOLHARDING
"Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het." Hebreers 10:36

Thursday, August 29, 2013

Wat is die mens se dilema?

Die mens se dilema is dat onsself sondig is.  En ons lewe in 'n wereld van sonde.
Maar wat is sonde regtig? Ons konsep en oortuiging hieroor hang af van ons eie lewens- en wêreldbeskouing (worldview) maar vauit die groter Christen perspektief is sonde basies alles of enige iets wat buite God is.


Maw enige iets wat buite God besluit, gedoen of gedink word is net uit onsself, ons eie vlees.
Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees Johannes 3:6

Maar lewe kom net uit God uit.
Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so. Want die Vader het die Seun lief en toon Hom (Jesus)  alles wat Hy (Vader) self doen. En groter werke as hierdie sal Hy (Vader) Hom  (Jesus) toon, sodat julle verwonderd kan wees. - Johannes 5:19,20

Wat is die mense se dilema dan? Dat ons besluite en aksies uit onsself gebore word... Die keuse is of ons God gaan laat besluit en of ons Hom vra om dit wat ons besluit het te okay. Jesus sê hy is die wynstok ons die lote - as die lewe nie vanuit Hom kom nie, dan is ons dood en lewer ons dooi(self) werke. Jesus verduidelik verder as 'n saadjie nie sterf aan self nie, dan kan daar nooit lewe wees nie.


Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. - Romeine 11:36.  Kolossense 3:3 - Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

Dit is net die Heilge Gees wat ons kan verseker en oortuig - 1 Tessalonisense 1:5 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid,...




(2) Die Heilige Gees wat in ons woon - 2 Timoteus 1:14 Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon.  Galasiers 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 


Wat is die mens se dilema? Ons kan dit nie doen nie maar ons kan net doen wat die Vader ons wys om te doen.