Maar wat is sonde regtig? Ons konsep en oortuiging hieroor hang af van ons eie lewens- en wêreldbeskouing (worldview) maar vauit die groter Christen perspektief is sonde basies alles of enige iets wat buite God is.
Maw enige iets wat buite God besluit, gedoen of gedink word is net uit onsself, ons eie vlees.
Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees Johannes 3:6
Maar lewe kom net uit God uit.
Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so. Want die Vader het die Seun lief en toon Hom (Jesus) alles wat Hy (Vader) self doen. En groter werke as hierdie sal Hy (Vader) Hom (Jesus) toon, sodat julle verwonderd kan wees. - Johannes 5:19,20
Wat is die mense se dilema dan? Dat ons besluite en aksies uit onsself gebore word... Die keuse is of ons God gaan laat besluit en of ons Hom vra om dit wat ons besluit het te okay. Jesus sê hy is die wynstok ons die lote - as die lewe nie vanuit Hom kom nie, dan is ons dood en lewer ons dooi(self) werke. Jesus verduidelik verder as 'n saadjie nie sterf aan self nie, dan kan daar nooit lewe wees nie.
Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die
heerlikheid tot in ewigheid. Amen. - Romeine 11:36. Kolossense 3:3 - Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
Dit is net die Heilge Gees wat ons kan verseker en oortuig - 1 Tessalonisense 1:5 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag
en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid,...
(1) Die Heilige Gees word op ons uitgestort (Pentecost)- nie op grond van die werke van
geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered
deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees, 6 wat Hy ryklik uitgestort het
op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; - Titus 3:5,6
1 Korintiers 12: 7 Maar aan elkeen word die openbaring
van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van
wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; 9 aan ‘n ander weer geloof deur
dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde
Gees; 10 aan ‘n ander werkinge
van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste,
aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. 11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde
Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
(2) Die Heilige Gees wat in ons woon - 2 Timoteus 1:14 Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon. Galasiers 5:22 Maar die vrug van die Gees is
liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid,
sagmoedigheid, selfbeheersing.
Wat is die mens se dilema? Ons kan dit nie doen nie maar ons kan net doen wat die Vader ons wys om te doen.

No comments:
Post a Comment
Feel free to comment. Constructive criticism only.