Saturday, November 2, 2013

Arno kuier op Kho Phayam eiland

En so het dit gekom dat die tyd aangebreek het om familie-in-Christus te stuur om vir ons Taaiboer te gaan kuier.

Nadat ons by Pappa gaan hoor het en bevestiging gekry het Arno is die vriend wat gaan klim, het hy 'n paar mede-reisgenote genader om saam met ons die finansies te dra sodat ons morele ondersteuning vanuit SA aan Flip kon bied. Hierdie tipe behoeftes word gewoonlik deur die sending organisasie vervul wat hul sendelinge op die veld onderskraag en gereeld opbou.  Maar ongelukkig het die sending organisasie waarby hy betrokke was sedert 2011 nog nooit in hierdie rol vir die sendelinge deurgekom het nie.

Arno skryf: "Van my kant af wil ek net baie dankie se dat julle bereid was om vir Philip en die Moken kinders 'n plekkie in julle harte en gedagtes te gegee het - dit is waarom dit alles vir my gaan. Julle bydra is amazing vir my want ek ken julle dat julle nie 'n kans laat verby gaan om in die Koningkryk te belê nie. Ek weet Sy plan is baie groter as ons plan.
Daar is basies net een ding waarvoor ek julle gebed vra op die stadium en dit is dat ek Pappa se agenda sal hoor, ontdek en daarby uitkom sodat vooropgestelde persepsies nie ons werk by die Moken belemmer nie. En dankie vir julle reis-gebede - ek moet deur doeane met al die ontwurmings pille, vitamines en die einste drom...
Weereens baie dankie vir julle samesyn en bydra op alle vlakke!  Wanneer ek terug kom sal ek baie graag vir julle wil nooi en die geleentheid wil gebruik om vir julle te vertel wat ons beleef het en wat Pappa in Philip se lewe en sy kinders se lewens doen.
In Hom oor wie dit alles gaan, Arno." 
Oppad met die drom (voorgrond)

die kinders van Flip se laaste nuusbrief in lewende lywe

En hiers Arno terug

Arno se dat ons nie eens die helfte hoor van wat alles daar by Philip op die eiland gebeur nie.  Sy Christus-lig wat deur sy dade skyn, raak nie net die animistiese Moken-harte nie, maar ook die Mynmaries en die Budhisties Thai's se harte.

Ons nooi julle graag om vir Arno te kom luister vertel van sy trip, op Sondag 17 Nov in Cullinan.  Bring 'n piekniek mandjie saam en 'n stoel vir elke boud - ons wys Arno se videos van Flip en die kinders.

No comments:

Post a Comment

Feel free to comment. Constructive criticism only.