Die doel van die Klein Projek is om baie mooi doeke te verf wat verkoop kan word of donasies uit te nooi, ten einde fondse in te samel ten bate van boumaterial en gereedskap. Dit word gebruik om goette in SA of in Thailand te koop en sodoende vir Philip te help om sy huis te vergroot en op te knap op Koh Phayam eiland in die Moken dorpie.
Sondag 27 April - Lewende Woord Cullinun
Orange Grove, kuns studio
Van oral oor kom mense met groot harte om deel te wees
Dolf sou nooit vroer in sy lewe op 'n Saterdag mooi goette geverf het nie... hy was 'n motorbike guy totdat hy vir Jesus nie te lank gelede ontmoet het nie......
Hantie se eerste probeerslag! Na 2 volle Saterdae se verf en verf en verf...
Heleen se eerste probeer slag - dit het haar ook 2 volle Saterdae se opoffering gevat om so ver te gekom het
Nuwe mamma en nuwe baba moet ook help verf, hoe anders?
Dan is dit skouer aan die verfkwas te sit en deur te druk - met of sonder elektrisiteit.... tot laat!
Hier werk Kim, Juanita en Antoinette aan 1 doek om dit klaar te he vir die kerk uistalling dievolgende dag.
Nog gewillige harte en hande......
GKR se uistalling van tafel lopers links en muurbehangsel met skrif regs














