Monday, November 16, 2015

Eden Gemeente Sending Naweek, 4 - 6 September 2015


Hoe is dit dat dit altyd koud is in Bronkhorstspruit wanneer ons gaan deelneem aan Eden se sending fees? Maar dan is die boere-oggendete altyd heerlik en word ons ontvang met warm harte en oop arms, gure weer of nie. Dis altyd lekker om ou bekende gesigte te sien en te weet, ten spyte van die myle, stap ons saam Sy wandelpad hier op aarde deur die valeie en oor die berge.



Na ons kuier by Philip in Mei, kon ons foto's vir die uitstalling gebruik wat ons toe geneem het.  Dis mos die grootwordende kinders wat ons noodsaak om die foto's vars te hou! Genadiglik word die seuns by Philip goed gevoed en opgevoed en groei hulle gesond en sterk onder sy sorg. Hulle het natuurlik elkeen hul eie temprament en manier van dinge doen en soos hulle groter word, ontwikkel hulle in mooi jong mense hoor!








Met hierdie laaste trip het ons geld ingesamel vir n nuwe ry-ding om al die kinders rond te karwei op die eiland. Dit was vir ons so lekker om die ou fiets en trek waantjie weer te kon ry asook om die nuwe wa te gaan haal en eiland toe te vat -


Al was die uitstalling hoe mooi, wys dit slegs 'n kirtseltjie van die realiteit op Moken bodem...... Met groot dankbaareid kan ons getuig van wat Vader deur Philip doen en hoe dit Koningkryk die onbereikte Moken se lewens ingrypend aanraak. Ten spyte van die konstante aanslae, verkwik Vader se innige liefde Philip en hou Hy Flip se kop bo. Ek moet se, Philip is die gelukkigste by sy kinders! Dankie Papa vir Wie U is!

Wil net vir Lynette Koen groot dankie se dat sy die kunswerk geborg het vir die mooi posters


Tuesday, August 11, 2015

Ons afspraak met Vader in Thailand


Selfoon notas op Koh Phayam Mei 2015

 
Gister se reenweer op Philip se weervoorspellings-app is vanoggend hier. Ons is di eenigste 2 farange opi reenpad, almal slaap laat asook ons hotelier. Vanoggend wil ek graag warm kofi drink maar ipv kofi neem ek fotos vandi opkomende wolke oor di see - voor di rèen, terwyl dit reen en daarna. Steeds is daar geen teken v d hotelier ni. Die natuur is steeds verruklik mooi en behalwe di reen opi piesangblaar dakke is dit super stil van mense se geluide. Dit ruik vars en groen-soet. Alles is heerlik koel.
 

Intussen wag Flip vir ons en di hotelier maak ni sy verskyning ni. Die lus om di plek vir hulle skoon te maak bly my konstante 2de gedagte. Selfs net n biki skoner sal regtig n groot verskil maak. Vir my. Sekerlik hou ander ook van natuurskoon, elbeit sonder rubbish? Nou ma ja, klaar gewag, ek ry eerder na kofi toe indi reen as langer wag.
 
So daar gaan ons. Geel deursigtige reenjassies oor ons en ons dag-gepakte rugsakke. Eweskielik is gister se stewige afdraende grondpaadjie n potensieele opdraende snot katastrofe onder my nie-bestendige skoeter gewilligheid.  Opi sement paadjie waai my reenkappie af sodra ons spoed optel. Ok dan maar nat gesig en hare, opi eiland sal dit wel later vanself regkom. Natreen by di huis is ni dieselfde hier ni. In fact niks is dieselfde hier nie al is dinge fisiese herkenbaar en familier agv van vorige trips.  Totdusver het ons nog ni n blyplek gekry waar di meeste van ons beskeie behoeftes, of dan vereistes, gedek word ni. Ek bedink die tammeletjie en maak die gevolgtrekking dat ons netjies gekunstelde lewensritme nie ooreenstem met di eiland sin ni. Majority rules. Toe ons die oorlog verloor het het ons ritme ongewilig verander. Ek is n vreemdeling in my geboorteland van 50 jaar en ek is n farang opi eiland. Dis hoe dit nou is.
 
By die kofi-plek lees ek my whatsapp boodskappe wat ons gisteraand afgelaai het terwyl daar genadiglik krag was vir di waaier en dus vir di dongle. Di see breek klein golfies erens buite my sig terwyl di locals n taal praat wat soos verfblertse om my gebeur. Ek is reg hier maar maak geen deel uit van hulle konteks ni.  Terselftertyd kon ek net sowel een van di honde of weggooi plastic bottels gewees het. Dis eintlik eenvoudig, sonder hulle taal word ek heeltemal uitgesluit. Sonder taal en verhouding bly ek buite. Ek troos myself dat dit vir enige iemand in enige kultuur geld, ni net omdat ek nou juis hier sit ni. Reg nou is dit hol kennis. Maar dis n oorweging met baie gewig, n onbeantwoorde vraag in my siel. Here dis dieselfde met U.
 
 

Dis ni my seisoen om n luilekker toeris te wees ni. Ni dat ek as regdenkende toeris ooit sou moeite doen om al di pad hierheen te reis ni. Nie te min, hier is ek met my dringende vraagstukke en pagasie. Voor di trip het ons gewedywer en braaf di tree begin neem om vir so lank oor te kom. Maar ons lewe is ingewikkeld by di huis en ons verantwoordelikhede los ons ni sommer ni. Veral vir Mark wat die broodwinner is. Ek voel soos n knoop wat aanhou vashaak omdat ek ni Vader se stem hieroor kan hoor ni maar miskien wil ek iets anders hoor as wat Hy wil se…. Dit hou my ook buite, oor my vrae vir wat voor le. Oor Sy ware en indringende wil vir ons. My dis-konneksie dwing my keer op keer terug na n hawe van uitgeredeneerde kopkennis en strategiee, na ander mense se klaar-gekoude openbarings waarmee daar duurkoop handel gedryf word in di aanvaarbare geloofsirkels. My dòwe houding dryf my terug na ou paadjies van bekende godsdiens wat soos n hawe omring is deur n see van ‘n mal-wereld.  n Groot gees het in sy insiggewende wysheid opgemerk dat n boot di veiligste is in n hawe maar dat dit ni daarvoor gemaak is ni. Selfs Jesus vra ons om di ontdenkbare te doen deur op te staan en dit ten minste te oorweeg om Hom te vertrou en n wonderwerk-geloofstap te neem. Maar eers moet Hy met my praat en ek dit self hoor. Ek dink tog ons het klaar opgestaan.


Dit het opgehou reen en my klere is amper droog. Jis ek hou van hierdi kofi, dit laat my dink aan Vietnamese kofi. Di mengsel is uniek na gelang di hande wat dit hier voorberei. Ek bestel nog 1. Di kondensmelk le romerig op di bodem vandi glasie. n Ruk gelede was daar n gesprek op 1 vandi whatsapp groepe oor cross cultural exposure to facilitate kingdom change en hoe noodsaaklik dit vir ons is. Toe se n ander persoon dat dit geloofsgroei was wat di grootste deurslag vir haar gegee het omdat sy ervaar dat alhoewel sy kruis kultureel werk, sy as mens ni eintlik inhirent verander het daaroor ni. As ek reg verstaan is dit haar groei wat haar help anders kies. Ek wou hoor wat Flip se oor sy eie pad.  Sonder skroom kom di boer-man se groen oe aan die brand.  Ek hoor wat jy se maar vir my is di pad eerder om te verruil.  Dit gaan ni oor wat ek kan en wil en kan of nie kan doen ni, dis eerder Sy manier ipv van myne. Sy ware liefde IN my verander alles. Sy geestelike liefde gee my krag om di onmoontlike te doen, aan te hou, om aanhoudende terugslae te oorkom. My hoop en verwagting is ni indi mense of resultate ni so dit trek my ni af in moedelose wanghoop ni, al sit dit my terug wanneer dit gebeur. Ek is my Pa se seun en leef in Sy aanhoudende liefde wat alles is. Dit is in Sy ervaarbare liefde waar ek rigting kry en vanuit doen.
 
Dis alweer n paar dae later en di keer bied ek aan om sopnat te word. Die wolke is donker aan di rivier se land-kant en ons hoor hoe die wind voor di reen deur di takke aandruis. Ander mense hardloop vir skuilding. Ons sien di reenwaas nader kom en weet dat dit ons nou gaan tref.  So, in plaas dat almal nat word eerder net ons 2. Ons klim op di vlot en begin hard aan di tou in tandem te trek. So halfpad kyk ek skuins en beleef di ru natuurprag deur di harde wind-reen terwyl ons oor di smarag groen rivier voortbeur. Opdi skoeter brand di reendruppels my kaal arms en kan ek netnet my oe oophou. Hey, ons is nog ok. Ek voel opgewonde al is ek bang vir gly. Dis eintlik n moerse avontuur. Met opoffering. Sodat ander kant baatvind. My wederhelf vra of dit regtig is waaroor dir alles gaan. Sacrificial adventure... really?
Totdusver was ons braaf opdi wilde eiland wat steselmatig ons gemak-lagies weg vreet.  Ons ooglopende sorgeloosheid is eg maar glad nie deurlopend ni. Di reen is iets anders. Dis vreemd en uitheems vir ons maar dan is ons mos ni van hier ni. Dit stel ons ni in uiterse lewensgevaar ni maar dwing ons om dit aan te durf, te trotseer, amper uit te daag sodat ons darm 1 ding kan doen waarvoor ons al di pad gekom het. En dis om ons broer wat Vader ons gegee het, lief te he deur vir hom en sy kinders een keer per dag n lekker ete voor te berei. Di res is n bonus.
Weereens bring di grysgrou reenwolke koel verligting. Daar kom n gedwonge pause wat alles kalmeer en ietwat verdoof. Ek hoor di tenoor paddas en di vleiloerie oor di reen. Vanoggend reken ons di koste om God se ware wil vir ons lewens te soek. Dis so hewig dat ons dit amper ni kan verdra ni. Here hoe verdeel ek hierdi onmoontlike waarheid? Slegs U kan vir ons U unieke patroon wys wat nog ni deur ander geloop is ni.  Al is U in beheer van die SA boot, brand dit steeds.  Is dit moontlik dat U ons 2 roep of is dit my lewensbehoud wat basuin? Is ek aanstellerig en lei aan n hero-waansin of sal U vir ons ook vooruitgaan op n uitdaagende maar wonderbaarlike reis pad?
 
 
Mark sien di slang terwyl hy opi troon sit vanoggend. Die houthuise se badkamer is gedeeltelik ooplug wat dit baie lekker eksoties maak om onder di sterre en blare die alewige sand en sweet af te was. Op di einste muur sien hy di kop en toe begin di res van di geel en groen patroon te beweeg. Ek haas na di hotelier wat met n lang bamboes en n fluit-deuntjie saamstap. Mark het sy broek aan en wag indi kamer. Ek verwag dat n bestendige stokbeweging di langslang oor di muur gaan slinger maar ni vandag ni. n Lompe stamp motiveer di slang indi plafon in en n verdere blinde stamp en hys nou heeltemal indi dak. Really. Flip wag vir ons en daars ni tyd om vir di slang te wag ni. Dan maar n ander blyplek se di hotelier. Ons begin goed bymekaar maak en word sumier opgegradeer na n ruim familie eenheid met koel vloer teels, spoel toilet, gepleisterde mure en n groot fan bo di bed. Asook spasie wat amper reuk-vry is.  Sal onsself organiseer na aandete saam met flip en die 8 seuns wat vir hierdie seisoen by hom bly. Wat ek toe ni weet ni is dat daar ni eens 1 ou kerskraggie sou brand by di tyd wat ons weer deur daai mooi deur loop sou loop nie. En dit na nog n uitspattige dag vol heerlike, onvoorspelbare en opwindende dinge. Genadiglik kan ons mettertyd besluit hoe ons gaan reageer - of ni. Di Jode se mos 'man plans, G-d laughs'.

Wednesday, February 25, 2015

Time to visit Thailand again




Cross Cultural Exposure Challenge
Thailand 2015

Friday 25 April – Friday 8 May

and if necessary
Friday 8 May – Friday 22 May

Ticket Bookings Sunday 8 March
Venue and time will be confirmed with your inquiry

Bangkok, Ranong, Koh Phayam island
10 people per group
3 full days  training & prep before departure
Passport – valid for 4 months after the return date
Credit Card for ticket bookings
Flight between R7 – 9 000,00 return
Trip Budget between R8 – 10 000,00


INQUIRIES

Monday, November 17, 2014

Somtyds vat dit langer om gestalte aan 'n visie te gee

Hierdie 2 tafeldoeke kan die begin van ons 2015 projek met die Moken gemeenskap wees.  Die visie het vroer die jaar begin gestalte kry en kan DV volgende jaar 'n nuwe begin vir die Moken wees







In die begin - Die Boom van Lewe
Die kinders identifiseer met die see omdat hul verwysingsraamwerk gekoppel is aan die plante en skulpe en seediere van die eiland waarop hulle groot word


Elkeen se handjie met sy Engelse en Thai naampie


























Op die einde het ons en Flip die doek in Oktober tydens sy SA besoek in Jhb gemaak wat hy toe net so saam gevat het terug eiland toe en wat nou in sy huis hang



Terwyl ons op die eiland was het ek die kinders se handjies afgetrek wat die dag saam met ons gekuns het.  Op die einde het dit al die pad weer terug SA toe gegaan want daar was net nie genoeg tyd nie





Tracy sny see-dier stensils so tussen die aktiwiteite deur (Mei)


Reeds in Maart toe ons besig was om muurbehangsels te verf om geld in te samel vir die bouporojek, het die idee begin posvat om 'n doek te maak op die eiland waarby die Moken kinders self betrokke is


  “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matt 6:33

Sunday, October 12, 2014

Kerk kuier - 5 Oktober

Cross Cultural City Church verwelkom Flip hartelik met regte SA gasvyrheid!


 Stuursel en vriend saam met CCCC help middagete en poeding voorberei


Oom Johan en Lida van der Wel vand GKR Uitreik Diensgroep kom bladskud

Flip geee getuienis by die Engelse Kerk diens om 4 uur