Hierdie 2 tafeldoeke kan die begin van ons 2015 projek met die Moken gemeenskap wees. Die visie het vroer die jaar begin gestalte kry en kan DV volgende jaar 'n nuwe begin vir die Moken wees
In die begin - Die Boom van Lewe
Die kinders identifiseer met die see omdat hul verwysingsraamwerk gekoppel is aan die plante en skulpe en seediere van die eiland waarop hulle groot word
Elkeen se handjie met sy Engelse en Thai naampie













Op die einde het ons en Flip die doek in Oktober tydens sy SA besoek in Jhb gemaak wat hy toe net so saam gevat het terug eiland toe en wat nou in sy huis hang
Terwyl ons op die eiland was het ek die kinders se handjies afgetrek wat die dag saam met ons gekuns het. Op die einde het dit al die pad weer terug SA toe gegaan want daar was net nie genoeg tyd nie
Tracy sny see-dier stensils so tussen die aktiwiteite deur (Mei)
Reeds in Maart toe ons besig was om muurbehangsels te verf om geld in te samel vir die bouporojek, het die idee begin posvat om 'n doek te maak op die eiland waarby die Moken kinders self betrokke is
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al
hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matt 6:33























No comments:
Post a Comment
Feel free to comment. Constructive criticism only.