Onthou net vir Jared..... wat in Oos -London woon.....
Monday, April 7, 2014
Tuesday, March 11, 2014
Hier is die 15 spanlede wat Sy roep gehoor het en wat Thailand toe gaan
Arno & Louse v d Merwe - Cullinun Lewende Woord
Francois van Zyl (14) - Cullinun LW
Schalk v Schalkwyk- Cullinun LW - en vroulief Corrie wat by die huis bly om te koordineer en te bid
Lynnette Koen - connection to Cullinun LW
Lizette van Wyk (verlangse familie v d einste Taaiboer) - Gereformeerde Kerk Randburg
Anculien & Vicci Schoeman - pasgetroudes van Gereformeerde Kerk (Randburg)
Tracy en Jade (12) Ferreira - Gereformeerde Kerk Randburg
Jared Stanford (married to Sanchia who, with their 2 little ones, will pray for their dadda) - Stirling Presbyterian East London
Paulien & Mark Enrieu - Gereformeerde Kerk Randburg
24God, wat die wêreld
met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy
woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. 25Hy het ook nie nodig dat mense Hom
versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. 26Uit een mens het Hy al die nasies
gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe
lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon. 27God het hulle gemaak om Hom te soek,
al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons
af nie, 28want deur Hom lewe
ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het:
‘Ons stam ook van Hom af.’ Handelinge 17: 24 - 28
Tuesday, February 25, 2014
Kom saam en help vir Flip
Bly by die
huis of kom saam Thailand toe,
maar vat
hande sodat ons vir Philip in sy bedienning kan bystaan
Dis tyd om die Here se hand vas te vat met jou een hand en met jou ander jou moed, geloof, gehoorsaamheid en proviant sodat ons self vir Philip hulle kan gaan help op Koh Phayam eiland.
Baie kere is ons verwyder van persoonlike betrokkenheid in sending juis deur afstand en ander logistieke. En dis eintlik wat die besoek so besonders maak, 'n opofferring met direkte trefkrag, in Vader se Koningkryk in Budhistiese Thailand.
As jy self wil gaan en span-maak moet jy of 'n handige nutsman wees, of hope vol liefde en aandag in jou hart he vir die Moken kinders, of bereid wees om die voorlynwerkers en spanmaats in geestelike gawes te dien.
As jy nie self wil gaan nie maar tog mededeelsaam wil wees in die onbereikte-mense oes, kan jy op dievolgende maniere hande vat:
* gebed in vennootskap met die Stuursel of ander lede van die span
* finansies in vennootskap met die Stuursel vir projekte soos bougereedskap, klere en medisyne
* finansies in vennootskap met ander lede
*borgskap vir iemand anders om jou hande en voete daar anderkant te wees
Ons 2 weke diens-kuier gaan vanaf 9 - 24 Mei 2014 plaasvind. Indien jy geroep voel om deel te wees, bid asb hieroor, nooi ander om saam met jou te staan en kontak Paulien Enrieu so gou as moontlik. Besprekings sluit Sondag 2 Maart 2014.
God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie
en ook nie die liefde-arbeid wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle
julle medegelowiges gedien het en nog dien nie. Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle
end-uit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê totdat die dinge waarop
julle hoop, vervul is. Julle moet dus
nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld
deel gekry het aan die dinge wat God beloof het. Hebreërs
6:10,11,12
Monday, November 18, 2013
Arno gee terugvoer op Cullinan
Sondag 17 Nov 2013
Dit was regtig grate gewees om te kon hoor hoe Arno sy hart gepraat het en ons vertel het van sy ongeloofllike ervaring. Hy het slides gebruik om mense aan Flip bekend te stel en te wys waar hy bly en hoe dit daar lyk. Daarna het die geestelike leier Jaco van Leende Woord Cullinana, vir Flip opgedra in deernis en met 'n hart wat klop vir die nasies en die Here se stem .....
Jaco se boodskap was beslis van groot Koningkryks waarde:
1. Hou jouself deurentyd vol van deernis (compassion) vir mense
2.Werk deurentyd saam (cooperation) met die Heilige Gees en ander mense
3. Wees deurentyd vasberade (confident) dat die Woord in jou sal bly en jy daarin, deur gebed
4.Wees deurentyd dapper (courageous) want daar is 'n stryd wat jou sal teenstaan. God met Sy Gees oor ons maak ons dapper
Waarom? Want ons almal het die bedienning van versoenning ontvang IN naaste liefde
Moet nooit se "ek kan nie want....." daar is geen verskoning nie want God slaan 'n reguit hou met 'n krom stok.
LIEFDE IS 'N WERKWOORD
So die vraag is: wat is my passie en waar moet ek betrokke wees?
Daarna is ons na Riaan en Corne se klein hoewe om saam te kuier en al die stories te hoor... ag te lekker om dit deur Arno se oe en hande en gesig te hoor!

Corne & Riaan
Riaan, Clem en Jaco
Peet & Elsabe en Riaan
Luani en Louise
VOLHARDING
"Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te
ontvang wat Hy beloof het." Hebreers 10:36
Saturday, November 2, 2013
Arno kuier op Kho Phayam eiland
En so het dit gekom dat die tyd aangebreek het om familie-in-Christus te stuur om vir ons Taaiboer te gaan kuier.
Nadat ons by Pappa gaan hoor het en bevestiging gekry het Arno is die vriend wat gaan klim, het hy 'n paar mede-reisgenote genader om saam met ons die finansies te dra sodat ons morele ondersteuning vanuit SA aan Flip kon bied. Hierdie tipe behoeftes word gewoonlik deur die sending organisasie vervul wat hul sendelinge op die veld onderskraag en gereeld opbou. Maar ongelukkig het die sending organisasie waarby hy betrokke was sedert 2011 nog nooit in hierdie rol vir die sendelinge deurgekom het nie.
Arno skryf: "Van my kant af wil ek net baie dankie se dat julle bereid was om vir Philip en die Moken kinders 'n plekkie in julle harte en gedagtes te gegee het - dit is waarom dit alles vir my gaan. Julle bydra is amazing vir my want ek ken julle dat julle nie 'n kans laat verby gaan om in die Koningkryk te belê nie. Ek weet Sy plan is baie groter as ons plan.

Daar is basies net
een ding waarvoor ek julle gebed vra op die stadium en dit is dat ek Pappa se
agenda sal hoor, ontdek en daarby uitkom sodat vooropgestelde persepsies nie ons
werk by die Moken belemmer nie. En dankie vir julle reis-gebede - ek moet deur
doeane met al die ontwurmings pille, vitamines en die einste drom...
Weereens
baie dankie vir julle samesyn en bydra op alle vlakke! Wanneer ek terug
kom sal ek baie graag vir julle wil nooi en die geleentheid wil gebruik om vir
julle te vertel wat ons beleef het en wat Pappa in Philip se lewe en sy kinders
se lewens doen.
In Hom oor wie dit
alles gaan, Arno."
Oppad met die drom (voorgrond)
die kinders van Flip se laaste nuusbrief in lewende lywe
En hiers Arno terug
Arno se dat ons nie eens die helfte hoor van wat alles daar by Philip op die eiland gebeur nie. Sy Christus-lig wat deur sy dade skyn, raak nie net die animistiese Moken-harte nie, maar ook die Mynmaries en die Budhisties Thai's se harte.
Ons nooi julle graag om vir Arno te kom luister vertel van sy trip, op Sondag 17 Nov in Cullinan. Bring 'n piekniek mandjie saam en 'n stoel vir elke boud - ons wys Arno se videos van Flip en die kinders.
Monday, September 30, 2013
Sending FEES!
Eden Gemeente sending fees, Vrydag 13 - Sondag 16 September 2013
In die 5 jaar wat ons op Philip se stuursel dien, is hierdie die 4de jaar wat ons deelneem aan Eden Gemeente op Bronkorstspruit se jaarlike sending fees. Hierdie was dan ook die 20ste sending fees wat die gemeente onder leiding van oom Sakkie en tannie Lily Weber gevier het. Ds Sakkie skryf in die feesblad se voorwoord:

'Ons sien miskien nie nou die vrug op ons Sending nie, maar eendag sal ons in die hemel sien, hoe groot die impak is wat hierdie gemeente op lewens gehad het wanneer 'n meenigte mense van alle volke en tale voor die troon van God gaan verskyn.
Mense wat ek en jy nie nou ken nie, maar wat Jesus leer ken het agv ons betrokkenheid by die hart van God nl. Sending. Ek en jy is deel daarvan. Wat 'n groot voorreg!"
Saterdagoggend: ere aan God in die strate van Bronkhorstspruit!!
Deelnemende Uitstallings
Pakistan
Feestelikhede gedurende die dag
Hip hop jeug
Danny Hughes (agter) en Sjinese Christene van Cyrildene in Johannesburg
2 sendelinge in hul tradisionele suid-Koreaanse drag wat die Sjinese kerk hier in SA bedien
Die Sjinese kerk maak kos vir die fees gangers. Dit was heerlik en verniet!
Sondagoggend en GeloofsBelofteOffer bydraes
Oom Sakkie - nadat ons met Philip tydens die erediens geskype het
Aktiewe stuursellede, van regs -
Louise & Arno, Juanita, Mark & Paulien
Ten einde, die skrif vir die fees:
VOLHARDING
"Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het." Hebreers 10:36
Subscribe to:
Posts (Atom)