Dit is dit weer tyd om te begin aanstalte maak om mense uit te nooi om saam met ons in Oktober vir Philip te gaan help met liefdesarbeid op die eiland. As jy ‘n roering ervaar, begin alles deur VaderGod te vra of dit jou ondernemingsbeurt is.
Meer spesifiek, voorsien ons nutsmanne en -vroue wat in staat en bereidwillig is met die opknapping van die onderrigsentrum, asook met onderhoud van Philips se huis.
Eintlik is alle gawes en talente welkom wat die Koningkryks visie waaraan Philip deelneem, te ondersteun onder die Moken op Koh Phayam eiland.
Daar is ‘n webwerf
Preparing My Mission wat vonkposse stuur spesifiek om Christene wat
diepper met VaderGod wil stap, aan te moedig. Hier is ‘n paar van hul
supergelaaide waarhede wat ons eie pogings van tyd tot tyd onderskraag -
Geloof
word nie geleer nie, dit word geleef
Die
impak wat jy maak word bepaal deur hoe beskikbaar
jy
is
Jy
sal nooit berou hê oor die tyd,
geld
en
hart
was jy belê het om ander te dien nie
Die
lewe is te kort, die wêreld te groot, en Vader
se liefde te groot,
om net aanhoudend ‘n gewone lewe te lei
Bly
in
jou gemak borrel, of staan op en gaan verander
iemand
se wêreld
No comments:
Post a Comment
Feel free to comment. Constructive criticism only.