En so wrintie waar, ons Taaiboer is alreeds terug in Thailand, die skool begin alweer die 16de Mei vir hom en die kinders, en hy se dit voel asof hy nooit eens weg was van die eiland af nie!
In sending word daar onderskei tussen die plan en die doel van die omvattende sending proses. Flip se besoek aan familie, vriende en vennote asook die kerk, maak alles deel uit van die doel (purpose). Flip het juis vir ons kom getuig van die Here se kragtige werkende hand onder die Moken mense asook in die gelowiges se lewens in Thailand - dit dan deel van die plan.
Vanaf Gen 1:28 is die plan nog altyd gewees na die uithoeke van die aarde toe te gaan, maar hoekom dan? Waarom stuur God dan sy kinders op sending? Nie dat almal moet sendelinge wees nie, maar dat ons almal deel het aan die sending-bevel en aksie, is deel van die hele verbond tussen Hom en ons. Sending is vir die 'ongereddes' (plan) asook die 'gereddes' (doel).
Maar hoekom dan vir die 'gereddes'? Wat verwag God dan van jan-rap-en-sy-maat by die huis? Gebed en finansies? Verseker! Maar is dit regtig al......? Wat nog? Om op 'n uitreik te gaan? Verseker! Is daar nog? Ja......... maar hoekom? Want die Bybel se so (nie ons nie). Wat wil Hy dan nog meer van ons he?
Nou maar ja, dit is nou hoe mens by die doel van sending uitkom - deur die regte vrae te vra.
No comments:
Post a Comment
Feel free to comment. Constructive criticism only.