
Donderdagaand 19 April 2012
Philip het gisteraand die geleentheid gehad om sy sendingsverhaal te deel by 'n home cell van Lewende Woord in sy geboorte dorp. Hy en sy stuursel was hartelik onvang deur 'n groepie gelowiges wat almal verwelkom het met 'n warm houtvuur. Toe het hy vir ons gebid in Thai.....
Philip het gisteraand die geleentheid gehad om sy sendingsverhaal te deel by 'n home cell van Lewende Woord in sy geboorte dorp. Hy en sy stuursel was hartelik onvang deur 'n groepie gelowiges wat almal verwelkom het met 'n warm houtvuur. Toe het hy vir ons gebid in Thai.....
Philip se verhaal is van 'n Afrikaner boer wat saam met die Almagtige Skepper op reis gegaan het Thailand toe en hoe die Skepper Sy liefde deur die man se lewe uitstort aan 'n agtergeblewe mense-groepie in sudi-oos Asia.
Hy het ons vertel dat hy reeds op skool sy roeping ervaar het en hoe sy lewe ontvou het toe hy die Vader se liefde in sending ontdek het. Die stappe en jare van voorbereiding en hoe dit hom op die voor-linie sendingveld bebring het, waar hy nou alreeds 4 jaar in Thailand is.Terwyl hy ons van sy lewe vertel het, het daar fotos' van die Ko Phayam eiland en die Moken mense gewys. Omdat Philip saam met die Moken bly, het die ouers hul kinders by hom begin los om te versorg, terwyl hulle op die see uitgaan om 'n bestaan te probeer voer. So het hy 'n 'belonger' en dienskneg geword. Op die koop word Philip toe sommer ook 'n ouer aan Moken seuns wat nog nie kan verstaan dat die liefde deur Philip, hul eie Skepper sin is nie.
Ons het aan sy lippe gehang.... dis verbasend om te hoor dat een van ons eie mense so naby aand God kan lewe daar doer ver in die sea gypsy slums ......
Nou is die vraag: wie van julle voel geroep om deel te word van die hele sendings-poging in ons Vader se Koningkryk?
Philip en van sy stuursel, met Marcel en Marcelle van Lewende Woord
PS: hierdie praatjie was Philip se enigste publieke terugvoer en het op baie kort kennisgewing plaasgevind - sorry ne!


No comments:
Post a Comment
Feel free to comment. Constructive criticism only.