Ek wil dan net baie dankie sê aan almal van julle wat vir my terugvoer gegee het oor die droom. Ek wil in besonders vir Peter Tan bedank wat my baie gehelp het met die verstaan daarvan en ook riglyne gegee het hoe om nou vorentoe te gaan. Dit is duidelik dat ons Vader iets van die geestelike omstandighede daar op die eiland aan ons bekend gemaak het en ook Sy plan van hoe Hy dit graag wil oorkom. Nogmaals baie dankie aan julle almal.
Soos julle weet hou 'n mense nooit op met leer nie. Net as ek begin dink ek begin verstaan waaroor dit nou eintlik gaan, dan kom die Here en gooi Hy 'n stok in my wiele en elke keer slaat ek met 'n groot gejuig neer. Om dan maar net weer op te staan en 'n aanpassing te maak in die nuwe openbaring wat Hy aan my gegee het. Ek het in vorige briewe redelik sterk teen ons manier van lewe uit gevaar en ek was baie teleurgesteld in myself en in dit wat ek geglo het dit alles oor gaan. So bly die Here ons prentjie in ons kop vorm waaroor dit nou eintlik gaan en waarmee Hy besig is.
Met dit in gedagte wil ek graag aan julle mee deel hoe die Here weereens verlede maand, dit is nou Junie, weer so 'n stok in my wiele gegooi het. Kyk, my verstaan van God die Vader was, Hy is Almagtig, Skepper van hemel en aarde, Regverdig, Geregtig, Volmaak, Hy is Vader van alles, Groot, Onbeskryflik, ens. Ek dink julle kry die prentjie. Nou hoe dink julle nader so 'n Almagtige wese jou, om met jou te kom praat? Wel ek het gedink miskien soos deur 'n brandende bos, of uit 'n vuurkolom, of so iets. Om die waarheid te sê, ek het nie gedink Hy stel waarlik belang daarin om tot ons te nader nie. Hoe verkeerd kon ek nie gewees het nie!
Soos ek het aan julle mee gedeel het, was ek na die Vaderhart seminaar toe, terwyl ek in Maleisie was. Dit was daar waar ek iets ervaar het wat ek nie geweet het moontlik is nie, en my hele lewe onderstebo gekeer het. Daar word aan jou al die wonderlike stories vertel van wat die Vader in hulle lewens gedoen het. Hulle nooi jou uit om ook jou hart vir Vader oop te maak sodat Hy met jou kan praat. Nou met my agtergrond is ek maar redelik versigtig as dit by sulke goete kom, jy wil jouself nou nie staan en bloot stel aan die verkeerde goed nie. Maar tog het ek besluit om my hart vir Vader oop te maak, ek het geen behoefte aan voorgee nie en as dit die waarheid is, wel, wie is ek om dit teen te staan?
En wel, dit wat ek daar ervaar het was iets wat woorde nie waarlik kan beskryf nie. God Almagtige, Skepper van hemel en aarde, het na my toe gekom en met my gespeel soos 'n pa met sy kind speel.Woorde is daar nie om dit eers te begin probeer beskryf nie. Al wat ek weet as iemand dit nie self ervaar nie, daar geen manier is dat jy dit sal kan begryp nie. Dit kan nie uit geredeneer word of verklaar word nie, dit pas nie in my teologiese verstaan van wie God is nie en ek is nooit geleer dat Hy so 'n verhouding met ons begeer nie. Al wat ek weet is dit, hierdie Groot Onbeskryflike God, het my Pappa geword. En as ek na Hom gaan, gaan ek na Hom as my Pappa. In my lewe het ek nog nooit soveel liefde en genade en teerheid ervaar nie.
Nou verstaan ek wat Jesus bedoel toe Hy gesê het, “Ek is die Weg die Waarheid en die Lewe, niemand kon na Vader toe nie, behalwe deur My nie.” Ons Here Jesus is waarlik die Weg terug na Vader toe, al wat ons moet doen is om dit te glo. Die ergste van alles is, daar is menslik niks wat ons kan doen om dit te kry nie, dit is reeds daar vir ons wat glo! Sjoe julle, dit was en is onbeskryflik! As jy eers daardie onbeskryflike liefde ervaar het, is daar niks anders waarna jy verlang nie. Jy voel skoon verlief en daar is nie 'n oomblik wat jy nie aan Vader dink nie. Nee kyk, wie sou dit nou kan dink!
Nou met die nuut gevonde liefde, wat brand soos 'n onblusbare vuur in jou, verander jou uitkyk na alles om jou. Toe ek terug gegaan het eiland toe, was my gemoed vol, toe ek die Moken sien. Hulle is so eenvoudig, so presies wat Vader wel hê hulle moet wees. Jy wil hulle net druk en ook laat deel in die liefde van Vader. Dit brand in jou en as jy nie daar aan uiting gee nie, voel dit of jy gaan ontplof. Ja die Moken kan die nuwe liefde sien en hulle reaksie is baie positief tot die liefde van Vader wat uit my vloei. Wat 'n voorreg om so deel van Vader se liefde te wees.
Baie dankie vir al julle liefde, eposse en gebede. Weet net dat ons 'n span vorm om die Here hier te dien. Mag julle ook verlore raak in die liefde van ons Vader!
In Hom, Philip อํานาจ
Wat is anders aan die foto? / What is different here?
Yes, yes, I am still behind with my newsletters and make humble apologies! I got a bit lost in what is happening here, and the next thing, yes well, I’m sure you understand. I received great feedback regarding my dream, in the meantime I have learnt a lot again, something special happened to me in Malaysia, and it is going very well on the island
I just want to thank all of you who gave me feedback about the dream I had. I would like to thank Peter Tan in particular who helped me a lot to understand it and who also gave me guidelines on how to continue from here on. It is clear that our Father revealed some of the spiritual circumstances on the island as well as His plan to overcome it. I thank you all once again.
As you yourselves know, we never cease to learn. Just as I thought I started to understand what it is all about, the Lord put a spanner in the works that sent me flying and then flattened me! All this so that I could get up again, make the necessary adjustments according to the revelation He gave me. In one of my previous letters I took a strong stance against the way we live and was very disappointed in myself as well as in what I perceived it was all about. The Lord continues to shape the picture in our heads about what He is busy with and what it is really all about.
With this in mind, I would like to share with you how the Lord went about putting that spanner in my works during June. My understanding about Lord God the Father is that He is Almighty, Creator of heaven and earth, Just and Righteous, Perfect, Father of all, Great and Indescribable. I think you get the picture. How do you think such an Almighty Being approaches and then talks to you? Well, I thought maybe as a burning bush or out of a cloud of fire, or something similar. To tell you the truth, I didn’t think that He was really interested to draw closer to us. How wrong I was!
As I previously told you, I attended the Father’s Heart seminar when I was in Malaysia. It was there that I experienced something I didn’t think was possible that also turned my life upside down. During the seminar different testimonies are told about what our Father has done in people’s lives. Those attending are then also invited to open their hearts for our Father to speak to them personally. With my background I was rather hesitant when it got to things like this as I didn’t want to expose myself to the wrong kind of thing. Yet I decided to open my heart to our Father as I don’t care much for pretence. If this was the truth, who was I to withstand it?
And so I experienced something that words truly can’t describe. God Almighty, Creator of heaven and earth, came to me and played with me as a father would play with his child. There are no words to even try and describe it. All I know is that if somebody doesn’t experience it themselves, there is no way to comprehend it. It cannot be argued or explained, it does not fit in with my theology of who God is as I was never taught that our Father desires such a relationship with us. All I know is that this Big Indescribable God became my Daddy. And when I go to Him, I go as to my Pappa. In my life I have never experienced such love, mercy and tenderness.
Now I understand what Jesus meant when He said: “I am the Way and the Truth and the Life, nobody comes to the Father except through me.” Our Lord Jesus is truly the Way back to our Father, we just have to believe it. The worst is that there is nothing we can do to get it - it is already there for those who believe! Wow guys, it was and is indescribable! Once you have experienced that unbelievable love, there is nothing else you yearn for. You feel in love and there is not a moment you don’t think about our Father. Who would have ever thought!
Now with this new found love that is burning like a raging fire in me, my whole outlook has changed. When I returned to the island, my being was filled with His joy when I saw the Moken. They are so simplistic, so precise in what our Father wants them to be. I wanted to let them feel and share in what I received so badly. Yes, the Moken can see this new found love and their reaction is very positive toward the love of our Father that is flowing out of me. What a privilege to be part our Father’s love.
Thank you very much for your love, emails and prayers. Just know that we are partners in serving the Lord here. May you also be lost in the love of our Father!
In Him, Philip อํานาจ


No comments:
Post a Comment
Feel free to comment. Constructive criticism only.