Saturday, September 25, 2010

Nuus / News - July 2010



Oor jou bediening - July 2010

Ja, ja ,ja dis reg, nog 'n maand is verby en die helfte van die jaar ook. Die blink kant van dit alles is dat julle nou weer so brokkie nuus van Thailand kan ontvang. Ek weet dit is nie veel nie maar minstens neem dit julle gedagtes af van waarmee julle besig is, al is dit net vir 'n oomblik. So wat 'n maand!!! Ek was by Jonathan-hulle (STAMP), daar was 'n vark braai vir my, dan het ek skole besoek en kinderbybels uit gedeel, en dan 'n groot verassing nie net vir julle nie maar vir my ook.

Soos meeste van julle weet was ek vir so 'n week in Maleisië op besoek aan Jonathan en sy gesin. Dit was soos gewoonlik 'n groot fees gewees. Daar was egter 'n rede vir my besoek en dit was om met STAMP (Strategic Missions Partnerships) te praat, wat 'n ander sending organisasie is. Meeste van julle weet dat ek volgende jaar beplan om van OMF na STAMP oor te stap. STAMP gee my die geleentheid om onder toesig die roeping wat die Here in my hart geplaas het, waarlik uit te leef. Hulle sendingkonsep is nader aan die sendingmodel wat ek geleer het en hulle terugvoer na die kerk tuis is baie beter. Ek sê nie daarin dat OMF slegter is nie, maar net dat STAMP 'n beter pas vir my op die stadium as persoon is. Ek wil ook net vir OMF dankie sê vir alles wat ek oor sending by hulle geleer het, want dit was 'n tyd in my lewe wat ek onbeskryflik baie geleer het.

Dan was daar ook die lekker varkbraai die maand. Kyk mense, het my mond darem vir jou gewater toe ek hoor hoe lekker die varkie was. Ek het net die volgende dag vir my 'n lekker varkribbetjie gaan koop en dit gaar gemaak, maar moet sê dit sou baie lekkerder saam met julle gesmaak het. Duisend dankies vir my stuur-sel wat dit gereël het en vir almal van julle wat dit bygewoon het. Kyk ons moet verseker weer so maak maar ek hoop die keer gaan ek daar wees!!

Die maand het ek dan ook die geleentheid gehad om saam met ons Thai kollega skole te gaan besoek. Die doel van die besoek was om kinderbybels aan hulle te gee. Ons distrik bestaan uit ±140 klein dorpies of soos hulle dit in Thai noem 'muubaan'. Ek moet noem dat elke dorpie gelukkig nie 'n skool het nie maar daar was baie. Dit was vet pret gewees. Kyk die hele skool kom omtrent elke keer tot stilstand as ek daar uitklim. 'n Wit gesiggie in die gebied is maar 'n skaars verskynsel en as ek eers met hulle Thai begin praat, gaan die meeste kinders in skok. Hulle kan dit net nie glo dat dit vir my moontlik is om Thai te praat nie en dan as ek so 'n bietjie Isaan praat, dan weergalm dit van plesier deur die skool. Baie van die skole het hulle eie projekte wat sorg dat die kinders elke dag kos kry om te eet. Die kinders is dan verantwoordelik vir die projekte. Kyk hulle maak hoenders, vis, paddas, varke en wat nog alles geld as vleis. Dan groei hulle ook baie groentes en sulke dinge. Dit was baie interessant. By party van die skole moes ek ook eers na hulle tradisionele Isaan orkes luister voor ons verder kon gaan. Ek moet sê die kinders het sommer vinnig in my hart gekruip en dit was verseker die hoogtepunt van die maand.



Nou ja. Nou die verrassing. Ek moet sê toe dit aan my mee gedeel was, was al die wind in my seile vir 'n oomblik uit en was dit vir my boot onmoontlik om in enige rigting te beweeg. Ja, kyk ek het dit glad nie verwag nie. Net soos ek aan julle mee gedeel het, het ek ook aan OMF mee gedeel dat ek van volgende jaar saam met STAMP wil gaan werk. Ek het hulle ook verseker dat ek eers al my verpligting met hulle sal na kom voor ek vertrek. My leier skryf toe vir my terug dat die Tyro program, waarop ek is, se hoof doel is om jou te help om jou plekkie te kry in sending waar die Here jou wil hê. Hulle sê dat volgens hulle ek nou daardie plekkie gekry het en dat ek enige tyd kan oorstap, mits die span saam met wie ek werk, nie verwagting van my het nie. Daar is geen verdere verwagting van my nie en ek is vry om te doen wat ek wil. Hulle het wel gedeel dat dit goed sal wees as ek Januarie saam met my nuwe span in die Suide begin en daarom dink hulle dat ek eers terug gaan Suid-Afrika toe om dinge daar te reël.

Dit is wonderlike nuus maar ek het dit nie verwag nie. Daar is geen probleem om van een sending organisasie na 'n ander oor te stap nie omdat ons almal soos een groot familie is. Die belangrikste vir hulle is dat jy net die plekkie kry waar die Here jou die beste kan gebruik. Dit was vir my wonderlik. So, die goeie nuus is dat ek binne twee maande terug in Suid-Afrika gaan wees. Die voorlopige beplanning is dat ek dan Januarie weer terug kom en saam met my nuwe span in die Suide van Thailand in die dorpie Ranong gaan begin. Daar gaan ek vir ongeveer nog 1 jaar Thai leer, waarna ons na die nabye eiland Ko Phajam gaan om onder die Morken mense te gaan werk. Hulle praat ook almal Thai maar ons is van plan om hulle moedertaal ook aan te leer. Ek hoop om in my tyd in Suid-Afrika, julle bekent te stel aan die mense sodat ook julle 'n hart van liefde vir hulle sal ontwikkel. My stuur-sel sal julle op hoogte hou soos die dinge ontwikkel aan my kant.

Dan wil ek net weer vir julle almal baie dankie sê vir die vark braai. Ek het met baie van julle gepraat en sien uit daarna om julle weer in persoon te ontmoet. Dankie vir julle liefde en al julle gebede, sonder julle sal dit vir ons onmoontlik wees om hier so volkome in die liefde van ons Here te lewe.

In Hom

Philip อำนาจ 

Skaam kinders (Hulle kyk nie eers na my)

My Thai kollega (ON) en ek saam met kinders







About your service - July 2010



Yes yes, you’re right, another month has passed and so has half of the year as well. The upside is that you can now receive another snippet from Thailand and even though it’s not exactly a huge amount, I trust it can at least take your mind off your everyday business. And what a month it’s been!!! I went to see Jonathan and STAMP, there was a spitbraai for me, I visited local schools and distributed children’s bibles, and behold, I have a huge surprise for you and it was surely one for me too!

I went to visit Jonathan and his family for about a week or so in Malaysia and as always, it was just wonderful. However, there was a real reason for my visit and it was to go and speak to STAMP (Strategic Missions Partnerships). It is another missions’ organization which I have been investigating for a while and as most of you know by now, I would like to move from OMF to STAMP as of next year. STAMP offers me the opportunity to expand under their supervision, on the calling the Lord put in my heart. Their missionary model is most probably closest to the one I have embraced because the feedback into the sending church in SA, is so much better. I am not implying that OMF is not good, only that strategically STAMP can facilitate my vision into the future /ahead from this point on. I just want to thank OMF for everything I experienced while working with them because it was truly a remarkable learning curve in my life.

On Saturday 24 July my sending cell organized a spitbraai on my behalf in Bronkhorstspruit. Listen, did my mouth water when I heard how juicy that varkie was. The very next day I went to buy myself a rack of pork ribs and – unnecessary to say - it would have tasted much better if I could have had it with all of you. A thousand thank yous to my sending cell that planned it and to everybody who attended it. We are going to have to do it again and this time I will simply just have to be there with you!

This last month I also had the opportunity to go and visit schools with my Thai colleague. The goal was to distribute children bibles to all schools within our district, or ‘muubaan’ in Thai, which consists of about 140 small villages. Even though there were a whole lot of schools, not every town has one. It was a lot of fun. Every time we stopped and got out, just about the whole school is in uproar because a white face is seldom seen in these parts. And the moment I speak Thai the children are shocked because they can’t believe that I am able to speak Thai. When I speak a little Isaan, the laughter creates quite a stir throughout the whole school. Many schools have daily feeding schemes and it is the children themselves who are in charge of cooking and preparing the meals. I must tell you they cook anything: chicken, frogs, fish, pork and anything that can be counted as meat. They also grow their own vegetables etc. – it was so interesting. At some of the schools I first had to listen to their traditional Isaan bands before we could go on. I must say that the children quickly crept into my heart and that this was truly the highlight of my month.



And now for the surprise. I must say that when I received the news, it took the wind right out of my sails, leaving my boat momentarily directionless. Well, I didn’t expect this at all. Just as I have been telling you that I would like to work with STAMP next year, I have been informing OMF, assuring them that I would complete all my responsibilities before I leave. My team leader responded by saying that the Tyro program in which I participated, has a main goal to help budding missionaries find their own special place on the mission field where God wants them to be. They are of the opinion that it has happened for me and that I am free to leave at any time, permitting that my team releases me in the same manner, which they have done. They agree that I should start with my new missions’ organization in January and that I should go home now, to South Africa, to organize myself as soon as possible and finalise everything so that I am set for the new year.

So the good news is that I am back in South Africa within the next 2 months! This is wonderful news but completely unexpected. To move from one missions’ organization to another is like moving from one family to another, the main focus being that God can use you where ever you are. That is amazing to me. In the meantime the plan is that I would return in January to start working with my new team in Ranong, in the south of Thailand, learning Thai for one year, while we start to reach out to the island of Ko Phajam, working with the Morken people. They also speak Thai but we have to learn their mother tongue so that they can also experience the love of our Father, as he made them. I trust that I would be able to introduce you to these people while in SA, so that you could also get to know them and cultivate a love for these forlorn sea gypsies. My sending cell will keep you posted as things develop on my side.

I just want to say thank you again for the spitbraai. I spoke to a lot of you on skype and I very much look forward to meeting you in person. Thank you for your love and prayers, without you it is not possible to live here in the love of our Lord.

In Him,

Philip อำนาจ

Shy children (They do not look at me)

My Thai colleague (On) and me with the children

No comments:

Post a Comment

Feel free to comment. Constructive criticism only.