Tuesday, August 12, 2014

5de en laaste terugvoer

Sondag 10 Augustus - Eden Gemeente, Bronkhorstspruit

Dis altyd so baie lekker om warm verwelkom te word deur Oom Sakkie en Tannie Lily wanneer ons by hulle inloer! Al was daar niemand wat uit die gemeente hierdie keer saam gegaan het nie, was hulle bestendige vennote vir Arno & Louise asook Franna.


Arno was aan die woord en het reg uit sy hart gepraat vanuit die Moken perspektief, wat dit baie interessant gemaak het. Daarna het oom Sakkie gesê dis ons voorreg om 'n verskil te maak deurdat mens bereid is gebruik te word as die Here se hande en voete waar daar nood is. Hy sê toe ook dat die nood net so groot hier rondom ons is as daar anderkant - die wesenlike verskil is dat iemand hier enige Sondag kan kerk toe stap en die evangelie (plus soveel meer) vrylik kan ontvang. Maar in ‘n onbereikte land, het die Koningkryk nog nie eens naby die mense gekom nie.

Ons is opgewonde want die Lig wat in elke gellowige is, is die Gees van God.  Hy is in ons sodat die donkerte wat binne onsself is, eers verlig kan word en ons ‘n kans het om na Jesus se ewebeeld te verander. Dan wil Hy deur ons, waarookal ons gaan, die duisternis in die wêreld verdryf – in mense en ook in situasies.  Maar hoe sal die onbereiktes ooit die Lig kan sien as die Lig nie na hulle toe gaan nie?  Hoe gaan hulle ooit glo as hulle nie die Lig kan ervaar nie?*  As al die predikers alreeds hulle deel hier bring om die gelowiges op te bou as sterk Ligtorings, wanneer gaan die Lampe** bereid wees om as getuies die Lig na die mense wat in donker sit, toe te neem in Woord en daad?  Kyk die wereld is al hoe meer deurmekaar en dus is daar soveel geleentheid om Sy Lig deur jou te laat skyn!

Wys mense Sy liefde in ou hart en leef dit uit in dade – dis baie meer doeltreffend as om dit te praat, los die prekery vir die predikers!


* Romeine 10:11 Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” 12“Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of 'n mens 'n Jood of 'n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, 13want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.  14Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? 15En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”


**Matteus 5:13 “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.  14“Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Monday, July 7, 2014

2de, 3de en 4de Terugvoere

Sondag 22 Junie - Gereformeerde Kerk Randburg

Baie dankie Thomas, Charl en Joop vir julle liefde vir Philip en dat julle dit vir die Stuursel moontlik gemaak het om hom te gaan bedien, deur gemeente lede die geleentheid te gegee het om saam te kom!

Lizette het vir ons lekker middagete gemaak na die 10 uur diens terugvoer

Maandagaand 23 Junie - Vicci en Anculien se GK klein groepie, MonumentPark

Anculien maak Thai kos met die ware Jacob - vars gemaalde paste vanaf Koh Phayam eiland

Vicci en Anculien het na die tyd ook 'n skyfie vertoning gegee om die foto's te wys van hul trip


Sondagaand 29 Junie - Lewenede Woord Brumeria se Engelse aand-diens
Thank you Chuck for sending Juanita out in prayer and then welcoming her back with all the good news!

Juanita by Judie (links) en Esther, 2 van haar gesoute vennote

Sunday, June 15, 2014

1ste terugvoer: Lewende Woord Cullinin

Sondag 22 Junie 2014

Dis altyd lekker om terug huis toe te kom en te vertel van hoe awesome Abba Vader was terwyl ons daar was - veral na 'n baie goeie trip wat heelwat hoe note gehad het.

Van links: Arno, Schalk, Louise, Franna, Lynnette

Baie dankie Jaco en gemeente vir julle ondersteuning en vertroue.  Sonder elke gebed en ieder stukkie deelname van die mense wat hand bygesit het, sou ons dit nooit kon vermag het nie.

Die 1ste keer dat die groep mekaar weer sien nadat ons almal terug is in SA.  Ons mis mekaar maar is tog bly om terug te kom na ons lewens hier - wel sommige van ons..... ander voel hulle moes maar gebly het vir 'n wyle.....



Dankie Riaan en Corne, dat ons by julle kon kuier en dat julle vir Franna saam met ons laat kom het - hy was amazing vir 'n 14 jarige!

Friday, June 13, 2014

Die span op die job

 Schalk

 Vicci en die oom

Tracy

Die yster Lynnette

Mark

Lizette

 Jon

Jared

 Franna en die oom

 Louise

 Philip

Anculien

Juanita (terwyl die ouens wat doen...?)

Paulien


Laaste brekfis


'n Bietjie nader




















Thursday, June 12, 2014

Eiland uiterstes

Lae-lae gety

en dieselfde dag hoee-hoee gety

Opad 'werk' toe, dis nou strand langs

 en dieselfde strand opad terug van werk af


'n Lewe wat voor le: kyk my nuwe kleertjies wat tannie Lynnette vir my gebring het!

Jon gesels met 2 'ou' tannetjies (niemand weet regtig hoe oud hulle is nie) 

Jack fruit - wild gepluk deur die eenigste Moslem vrou in die Moken dorpie

Vars see vis - of altans dis wat dit was voor aandete

Goggas om te kies en te keur

viool -worship

In Lizette se hande, er voete, dans die swart peper fyn gemaal vir ete

Wat sal 'n ou nou maak om 'n geleende leer terug te vat?

En dan gebeur die ontdekbare .... maar selfs dan is Abba getrou en die beste Pappa voor-uit!

Nog goggas...

Jade was 'n baie spesiale maatjie vir Alyssa en Danylin

Thailand touke (nie toucan soos party gedink het nie)