Dis altyd lekker om terug huis toe te kom en te vertel van hoe awesome Abba Vader was terwyl ons daar was - veral na 'n baie goeie trip wat heelwat hoe note gehad het.
Van links: Arno, Schalk, Louise, Franna, Lynnette
Baie dankie Jaco en gemeente vir julle ondersteuning en vertroue. Sonder elke gebed en ieder stukkie deelname van die mense wat hand bygesit het, sou ons dit nooit kon vermag het nie.
Die 1ste keer dat die groep mekaar weer sien nadat ons almal terug is in SA. Ons mis mekaar maar is tog bly om terug te kom na ons lewens hier - wel sommige van ons..... ander voel hulle moes maar gebly het vir 'n wyle.....
Dankie Riaan en Corne, dat ons by julle kon kuier en dat julle vir Franna saam met ons laat kom het - hy was amazing vir 'n 14 jarige!





















































