Lekker verjaar ou maat!
Saturday, December 19, 2015
Monday, December 7, 2015
Tuesday, November 17, 2015
Kom ons bid saam vir reën
Bid saam met ons Pieter van Schalkwyk (’n boer in
Namibië) se gebed:
Hemelse Vader en almagtige Here. Dit is 2 uur in die more
en ek kan nie slaap nie. In 21 jaar wat ek boer was dit nog nooit so droog nie.
Ek is vanmôre voor U om te bid vir reën.
Voor ek vir reën vra moet ek U eers dank vir droogtes.
Indien ons net vet jare en voorspoed gehad het, hoe arrogant, onafhanklik van U
en onbewus van U goedheid en genade, sou ons nie gelewe het nie. Daarom moet ek
U ook dank vir die voorreg om hier te kan boer. Hier waar ek elke dag U
handewerk sien en ervaar. Baie dankie ook Here vir die wonderlike mense wat u
rondom my in hierdie wereld geplaas het. 'n Unieke groep mense wat almal saam
in dieselfde stryd gewikkel is. U het elkeen persoonlik gevorm, met elkeen se
uniekheid, harder as kameeldoringhout, om hier te kan bestaan.
Om die mooi van hierdie boerdery te beleef het u 'n
besonderse liefde vir die diere en die boerdery in my hart gesit en daarvoor is
ek U baie dankbaar. Maar Liewe Heer dit is as gevolg van hierdie liefde, en my
tekort aan insig, wat maak dat ek U weë nie verstaan nie.
...Ek verstaan nie wanneer die lammerooi aan die voet van
die duin omval as gevolg van swakheid, en nog steeds net oor haar lam se
welstand bekommerd is nie.
...Ek verstaan nie as die koei met ‘n sug gaan sit
en ons altwee weet sy sal nooit weer opstaan nie.
...Ek verstaan nie as ek in die onskuldige bruin oë van
die verswakte koedoekoei, wie se voet in die draad gehaak het, kyk en sien sy
wag op die verlossing van die dood, wat uiteindelik deur dors en
hitte-uitputting onder die skroeiende woestynson, veroorsaak sal word.
...Ek verstaan nie as ek "hart se punt"-koeie
by die slagpale moet aflaai, en nog onthou hoe hulle kalwers gelyk het, en
selfs hoe ek sommige van hulle as klein kalwertjies onthoring het.
...Ek verstaan nie as jong eerstelamooitjies net ribbes
en gekoekte wol is en ek onthou vaagweg hoe 'n gladverhaarde ooi lank gelede
vir haar vet lammetjie geblêr het terwyl die komkommersap teen haar wang
afloop.
...Ek verstaan nie as my ryperd een oggend stokstyf is as
gevolg van elke aand se kragvoer, omdat daar niks meer hooi in die veld is wat
hy bedags kan vreet nie
...Ek verstaan nie as ek die donkie langs die pad sien lê
wat in die tuig gesterf het, en ek weet sy eienaar het ook maar nie ‘n plan
gehad nie.
...Ek verstaan nie as die groot springbokram struikel
-struikel voortsukkel nie.
Ek verstaan nie as die erdvark, wat n nagdier is, in die
middel van die dag, vermaer en verdonker, op die warm rooi sand rondploeter op
soek na iets om te eet.
...Ek verstaan nie dat die graspolle, die bron van kos,
in klein swart knoetsies verander het sodat die wind hulle wortels oopkalwe en
die woestynson dit verdroog en verdood.
...Ek verstaan nie as die windpomp net wind blaas omdat
die boorgat opgedroog het, terwyl my verstand verdof is deur 'n wolk stof en 'n
gebulk en geblêr wat deur my bene en murg sny.
Here, ek verstaan nie hoekom U dit oor hierdie onskuldige
diere laat kom, terwyl U vir my, sondaar, net goedheid en guns gee nie. Here ek
verstaan dit nie, maar ek weet wel dat ek nooit die straf wat ek verdien, sal
kan dra nie. Daarom, voor ek vir reën vra, smeek ek om U genade en vergifnis.
Ek bid ook vir wysheid om tussen goed en sleg te kan onderskei. Ek bid veral,
Here, dat ek nooit arrogant sal word nie, want alle eer kom U toe. Ek bid ook
vir wysheid en krag vir die hele gemeenskap om op die regte manier deur hierdie
droogte te kom. Ek verstaan nog steeds nie hoe die gemsbok in hierdie tyd so
sterk kan bly nie, maar ek bid dat U ons almal die gemsbokke van hierdie
droogte sal maak.
Here, noudat U my hart ken smeek ek by U: "GEE
ASB VIR ONS ALMAL REëN EN GEE ASB VIR ONS ALMAL GENOEG REëN!!"
Amen
Monday, November 16, 2015
Eden Gemeente Sending Naweek, 4 - 6 September 2015
Hoe is dit dat dit altyd koud is in Bronkhorstspruit wanneer ons gaan deelneem aan Eden se sending fees? Maar dan is die boere-oggendete altyd heerlik en word ons ontvang met warm harte en oop arms, gure weer of nie. Dis altyd lekker om ou bekende gesigte te sien en te weet, ten spyte van die myle, stap ons saam Sy wandelpad hier op aarde deur die valeie en oor die berge.
Na ons kuier by Philip in Mei, kon ons foto's vir die uitstalling gebruik wat ons toe geneem het. Dis mos die grootwordende kinders wat ons noodsaak om die foto's vars te hou! Genadiglik word die seuns by Philip goed gevoed en opgevoed en groei hulle gesond en sterk onder sy sorg. Hulle het natuurlik elkeen hul eie temprament en manier van dinge doen en soos hulle groter word, ontwikkel hulle in mooi jong mense hoor!


Met hierdie laaste trip het ons geld ingesamel vir n nuwe ry-ding om al die kinders rond te karwei op die eiland. Dit was vir ons so lekker om die ou fiets en trek waantjie weer te kon ry asook om die nuwe wa te gaan haal en eiland toe te vat -
Al was die uitstalling hoe mooi, wys dit slegs 'n kirtseltjie van die realiteit op Moken bodem...... Met groot dankbaareid kan ons getuig van wat Vader deur Philip doen en hoe dit Koningkryk die onbereikte Moken se lewens ingrypend aanraak. Ten spyte van die konstante aanslae, verkwik Vader se innige liefde Philip en hou Hy Flip se kop bo. Ek moet se, Philip is die gelukkigste by sy kinders! Dankie Papa vir Wie U is!
Wil net vir Lynette Koen groot dankie se dat sy die kunswerk geborg het vir die mooi posters
Hoe is dit dat dit altyd koud is in Bronkhorstspruit wanneer ons gaan deelneem aan Eden se sending fees? Maar dan is die boere-oggendete altyd heerlik en word ons ontvang met warm harte en oop arms, gure weer of nie. Dis altyd lekker om ou bekende gesigte te sien en te weet, ten spyte van die myle, stap ons saam Sy wandelpad hier op aarde deur die valeie en oor die berge.
Na ons kuier by Philip in Mei, kon ons foto's vir die uitstalling gebruik wat ons toe geneem het. Dis mos die grootwordende kinders wat ons noodsaak om die foto's vars te hou! Genadiglik word die seuns by Philip goed gevoed en opgevoed en groei hulle gesond en sterk onder sy sorg. Hulle het natuurlik elkeen hul eie temprament en manier van dinge doen en soos hulle groter word, ontwikkel hulle in mooi jong mense hoor!


Met hierdie laaste trip het ons geld ingesamel vir n nuwe ry-ding om al die kinders rond te karwei op die eiland. Dit was vir ons so lekker om die ou fiets en trek waantjie weer te kon ry asook om die nuwe wa te gaan haal en eiland toe te vat -
Al was die uitstalling hoe mooi, wys dit slegs 'n kirtseltjie van die realiteit op Moken bodem...... Met groot dankbaareid kan ons getuig van wat Vader deur Philip doen en hoe dit Koningkryk die onbereikte Moken se lewens ingrypend aanraak. Ten spyte van die konstante aanslae, verkwik Vader se innige liefde Philip en hou Hy Flip se kop bo. Ek moet se, Philip is die gelukkigste by sy kinders! Dankie Papa vir Wie U is!
Tuesday, August 11, 2015
Ons afspraak met Vader in Thailand
Selfoon notas op Koh Phayam Mei 2015
Intussen wag Flip vir ons en di hotelier maak ni sy
verskyning ni. Die lus om di plek vir hulle skoon te maak bly my konstante 2de
gedagte. Selfs net n biki skoner sal regtig n groot verskil maak. Vir my.
Sekerlik hou ander ook van natuurskoon, elbeit sonder rubbish? Nou ma ja, klaar
gewag, ek ry eerder na kofi toe indi reen as langer wag.
So daar gaan ons. Geel deursigtige reenjassies oor ons
en ons dag-gepakte rugsakke. Eweskielik is gister se stewige afdraende
grondpaadjie n potensieele opdraende snot katastrofe onder my nie-bestendige
skoeter gewilligheid. Opi sement paadjie
waai my reenkappie af sodra ons spoed optel. Ok dan maar nat gesig en hare, opi
eiland sal dit wel later vanself regkom. Natreen by di huis is ni dieselfde
hier ni. In fact niks is dieselfde hier nie al is dinge fisiese herkenbaar en
familier agv van vorige trips. Totdusver
het ons nog ni n blyplek gekry waar di meeste van ons beskeie behoeftes, of dan
vereistes, gedek word ni. Ek bedink die tammeletjie en maak die gevolgtrekking
dat ons netjies gekunstelde lewensritme nie ooreenstem met di eiland sin ni.
Majority rules. Toe ons die oorlog verloor het het ons ritme ongewilig
verander. Ek is n vreemdeling in my geboorteland van 50 jaar en ek is n farang
opi eiland. Dis hoe dit nou is.
By die kofi-plek lees ek my whatsapp boodskappe wat ons
gisteraand afgelaai het terwyl daar genadiglik krag was vir di waaier en dus
vir di dongle. Di see breek klein golfies erens buite my sig terwyl di locals n
taal praat wat soos verfblertse om my gebeur. Ek is reg hier maar maak geen
deel uit van hulle konteks ni. Terselftertyd kon ek net sowel een van di
honde of weggooi plastic bottels gewees het. Dis eintlik eenvoudig, sonder
hulle taal word ek heeltemal uitgesluit. Sonder taal en verhouding bly ek
buite. Ek troos myself dat dit vir enige iemand in enige kultuur geld, ni net
omdat ek nou juis hier sit ni. Reg nou is dit hol kennis. Maar dis n oorweging
met baie gewig, n onbeantwoorde vraag in my siel. Here dis dieselfde met U.
Dis ni my seisoen om n luilekker toeris te wees ni. Ni dat ek as regdenkende toeris ooit sou moeite doen om al di pad hierheen te reis ni. Nie te min, hier is ek met my dringende vraagstukke en pagasie. Voor di trip het ons gewedywer en braaf di tree begin neem om vir so lank oor te kom. Maar ons lewe is ingewikkeld by di huis en ons verantwoordelikhede los ons ni sommer ni. Veral vir Mark wat die broodwinner is. Ek voel soos n knoop wat aanhou vashaak omdat ek ni Vader se stem hieroor kan hoor ni maar miskien wil ek iets anders hoor as wat Hy wil se…. Dit hou my ook buite, oor my vrae vir wat voor le. Oor Sy ware en indringende wil vir ons. My dis-konneksie dwing my keer op keer terug na n hawe van uitgeredeneerde kopkennis en strategiee, na ander mense se klaar-gekoude openbarings waarmee daar duurkoop handel gedryf word in di aanvaarbare geloofsirkels. My dòwe houding dryf my terug na ou paadjies van bekende godsdiens wat soos n hawe omring is deur n see van ‘n mal-wereld. n Groot gees het in sy insiggewende wysheid opgemerk dat n boot di veiligste is in n hawe maar dat dit ni daarvoor gemaak is ni. Selfs Jesus vra ons om di ontdenkbare te doen deur op te staan en dit ten minste te oorweeg om Hom te vertrou en n wonderwerk-geloofstap te neem. Maar eers moet Hy met my praat en ek dit self hoor. Ek dink tog ons het klaar opgestaan.
Dit het opgehou reen en my klere is amper droog. Jis ek hou van hierdi kofi,
dit laat my dink aan Vietnamese kofi. Di mengsel is uniek na gelang di hande
wat dit hier voorberei. Ek bestel nog 1. Di kondensmelk le romerig op di bodem
vandi glasie. n Ruk gelede was daar n gesprek op 1 vandi whatsapp groepe oor cross
cultural exposure to facilitate kingdom change en hoe noodsaaklik dit vir
ons is. Toe se n ander persoon dat dit geloofsgroei was wat di grootste
deurslag vir haar gegee het omdat sy ervaar dat alhoewel sy kruis kultureel
werk, sy as mens ni eintlik inhirent verander het daaroor ni. As ek reg
verstaan is dit haar groei wat haar help anders kies. Ek wou hoor wat Flip se
oor sy eie pad. Sonder skroom kom di
boer-man se groen oe aan die brand. Ek
hoor wat jy se maar vir my is di pad eerder om te verruil. Dit gaan ni oor wat ek kan en wil en kan of
nie kan doen ni, dis eerder Sy manier ipv van myne. Sy ware liefde IN my
verander alles. Sy geestelike liefde gee my krag om di onmoontlike te doen, aan
te hou, om aanhoudende terugslae te oorkom. My hoop en verwagting is ni indi
mense of resultate ni so dit trek my ni af in moedelose wanghoop ni, al sit dit
my terug wanneer dit gebeur. Ek is my Pa se seun en leef in Sy aanhoudende
liefde wat alles is. Dit is in Sy ervaarbare liefde waar ek rigting kry en
vanuit doen.
Dis alweer n paar dae later en di keer bied ek aan om
sopnat te word. Die wolke is donker aan di rivier se land-kant en ons hoor hoe
die wind voor di reen deur di takke aandruis. Ander mense hardloop vir
skuilding. Ons sien di reenwaas nader kom en weet dat dit ons nou gaan
tref. So, in plaas dat almal nat word
eerder net ons 2. Ons klim op di vlot en begin hard aan di tou in tandem te
trek. So halfpad kyk ek skuins en beleef di ru natuurprag deur di harde
wind-reen terwyl ons oor di smarag groen rivier voortbeur. Opdi skoeter brand
di reendruppels my kaal arms en kan ek netnet my oe oophou. Hey, ons is nog ok.
Ek voel opgewonde al is ek bang vir gly. Dis eintlik n moerse avontuur. Met
opoffering. Sodat ander kant baatvind. My wederhelf vra of dit regtig is waaroor
dir alles gaan. Sacrificial adventure... really?
Totdusver was ons braaf opdi wilde eiland wat
steselmatig ons gemak-lagies weg vreet.
Ons ooglopende sorgeloosheid is eg maar glad nie deurlopend ni. Di reen
is iets anders. Dis vreemd en uitheems vir ons maar dan is ons mos ni van hier
ni. Dit stel ons ni in uiterse lewensgevaar ni maar dwing ons om dit aan te
durf, te trotseer, amper uit te daag sodat ons darm 1 ding kan doen waarvoor
ons al di pad gekom het. En dis om ons broer wat Vader ons gegee het, lief te
he deur vir hom en sy kinders een keer per dag n lekker ete voor te berei. Di
res is n bonus.
Weereens bring di grysgrou reenwolke koel verligting.
Daar kom n gedwonge pause wat alles kalmeer en ietwat verdoof. Ek hoor di
tenoor paddas en di vleiloerie oor di reen. Vanoggend reken ons di koste om God
se ware wil vir ons lewens te soek. Dis so hewig dat ons dit amper ni kan
verdra ni. Here hoe verdeel ek hierdi onmoontlike waarheid? Slegs U kan vir ons
U unieke patroon wys wat nog ni deur ander geloop is ni. Al is U in beheer van die SA boot, brand dit steeds. Is dit moontlik dat U ons 2 roep of is dit my
lewensbehoud wat basuin? Is ek aanstellerig en lei aan n hero-waansin of sal U
vir ons ook vooruitgaan op n uitdaagende maar wonderbaarlike reis pad?
Subscribe to:
Posts (Atom)























