Thursday, June 12, 2014

Eiland uiterstes

Lae-lae gety

en dieselfde dag hoee-hoee gety

Opad 'werk' toe, dis nou strand langs

 en dieselfde strand opad terug van werk af


'n Lewe wat voor le: kyk my nuwe kleertjies wat tannie Lynnette vir my gebring het!

Jon gesels met 2 'ou' tannetjies (niemand weet regtig hoe oud hulle is nie) 

Jack fruit - wild gepluk deur die eenigste Moslem vrou in die Moken dorpie

Vars see vis - of altans dis wat dit was voor aandete

Goggas om te kies en te keur

viool -worship

In Lizette se hande, er voete, dans die swart peper fyn gemaal vir ete

Wat sal 'n ou nou maak om 'n geleende leer terug te vat?

En dan gebeur die ontdekbare .... maar selfs dan is Abba getrou en die beste Pappa voor-uit!

Nog goggas...

Jade was 'n baie spesiale maatjie vir Alyssa en Danylin

Thailand touke (nie toucan soos party gedink het nie)

Jammer julle! / die huis se dak

Ons vra onverskoning dat die blog nie tydens die uitreik vol foto's en stories was nie, maar die konneksies wat nie baie betroubaar of beskikbaar nie.

Nadat die groep alreeds verskeie dae in Thailand was en op die eiland aangekom het, moes ons plan maak om ons mense by die huis te laat weet dat ons aangekom het en nog darm lewe!

Van naby-

Die palmblare-dak voor ons dit begin vervang het....

en die splinternuwe dak :-))


Hier gaan die ou dak-blare af

en die nuwes weer op

Arno is beslis die dak-koning, wat kan ons se?

Span maak kry die job gedoen


Thursday, June 5, 2014

Hoe verdubbel jy 'n huis in 7 dae?

Ek weet nie regtig nie, maar dit was vir ons span fantasties om deel te wees aan 'n soortegelyke eind-resultaat....

Philip se huis met ons aankoms, voor die bou span begin het

 Van die see se kant: met die voorstoep verleng en sy-mure toe gebou

Van die ander kant, kante ook toe gemaak met mure (of eerder planke)


Maar hoe? Weereens is dit moeilik om te verduidelik maar bereidwillige harte, hande, voete en gereedskap van SA asook Thailand, gebede van vennote by die huis, en dan 7 vol dae later..... 'n huis waarin daar meer plek is vir kinders asook vir grootmense om bymekaar te kom vir huis-kerk en dissipelskap...

Sunday, May 18, 2014

Tropiese eiland - voorlyn sending veld

Pragtige voelgesang, klotsende water, strelende hitte op jou koue Gauteng vel, lowergroen plantegroei en verruklike blomme.....

Asemrowende natuur tonele...

en goggas wat aanhoudend byt, jou bene en arms die heeltyd aanval en nooit ophou jeuk nie .... 

4de en laaste voorbereidings dag

Donderdag 1 Mei - sending en bootcamp: dit kan nie anders as om reg te wees vir die eiland-avontuur nie


Al die bou gereedskap en kinder kleertjies word onder die groep verdeel om saam te dra en daar te kry.
Ons sien mekaar eer weer in Thailand...

Sunday, April 27, 2014

Klein projek initiatief - Fabric Painting & Thai Pudding

Die doel van die Klein Projek is om baie mooi doeke te verf wat verkoop kan word of donasies uit te nooi, ten einde fondse in te samel ten bate van boumaterial en gereedskap.  Dit word gebruik om goette in SA of in Thailand te koop en sodoende vir  Philip te help om sy huis te vergroot en op te knap op Koh Phayam eiland in die Moken dorpie.


Sondag 27 April  - Lewende Woord Cullinun


Orange Grove, kuns studio
Van oral oor kom mense met groot harte om deel te wees

Dolf sou nooit vroer in sy lewe op 'n Saterdag mooi goette geverf het nie... hy was 'n motorbike guy totdat hy vir Jesus nie te lank gelede ontmoet het nie......

 
Hantie se eerste probeerslag!  Na 2 volle Saterdae se verf en verf en verf...

Heleen se eerste probeer slag - dit het haar ook 2 volle Saterdae se opoffering gevat om so ver te gekom het

Nuwe mamma en nuwe baba moet ook help verf, hoe anders?

 Dan is dit skouer aan die verfkwas te sit en deur te druk - met of sonder elektrisiteit.... tot laat!
Hier werk Kim, Juanita en Antoinette aan 1 doek om dit klaar te he vir die kerk uistalling dievolgende dag.

Nog gewillige harte en hande......

GKR se uistalling van tafel lopers links en muurbehangsel met skrif regs

Monday, April 7, 2014

2de opleidingsdag - Saterdag 29 Maart, Monument park




Onthou net vir Jared..... wat  in Oos -London woon.....