Bly by die
huis of kom saam Thailand toe,
maar vat
hande sodat ons vir Philip in sy bedienning kan bystaan
Dis tyd om die Here se hand vas te vat met jou een hand en met jou ander jou moed, geloof, gehoorsaamheid en proviant sodat ons self vir Philip hulle kan gaan help op Koh Phayam eiland.
Baie kere is ons verwyder van persoonlike betrokkenheid in sending juis deur afstand en ander logistieke. En dis eintlik wat die besoek so besonders maak, 'n opofferring met direkte trefkrag, in Vader se Koningkryk in Budhistiese Thailand.
As jy self wil gaan en span-maak moet jy of 'n handige nutsman wees, of hope vol liefde en aandag in jou hart he vir die Moken kinders, of bereid wees om die voorlynwerkers en spanmaats in geestelike gawes te dien.
As jy nie self wil gaan nie maar tog mededeelsaam wil wees in die onbereikte-mense oes, kan jy op dievolgende maniere hande vat:
* gebed in vennootskap met die Stuursel of ander lede van die span
* finansies in vennootskap met die Stuursel vir projekte soos bougereedskap, klere en medisyne
* finansies in vennootskap met ander lede
*borgskap vir iemand anders om jou hande en voete daar anderkant te wees
Ons 2 weke diens-kuier gaan vanaf 9 - 24 Mei 2014 plaasvind. Indien jy geroep voel om deel te wees, bid asb hieroor, nooi ander om saam met jou te staan en kontak Paulien Enrieu so gou as moontlik. Besprekings sluit Sondag 2 Maart 2014.
God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie
en ook nie die liefde-arbeid wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle
julle medegelowiges gedien het en nog dien nie. Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle
end-uit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê totdat die dinge waarop
julle hoop, vervul is. Julle moet dus
nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld
deel gekry het aan die dinge wat God beloof het. Hebreërs
6:10,11,12